Wolproduksie in die Oos-Kaap se landelike gebiede het ‘n hupstoot van sowat R1,85-miljoen vir infrastruktuur ontvang, sê die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV).
Mnr. Leon de Beer, die hoofbestuurder van die NWKV, die geld sal vir skeer-infrastruktuur soos sorteertafels, wolpresse, dromme en skale aangewend word.
Die doel van die projek, wat deur die Woltrust gefinansier word, is om wolprodusente in landelike dele van die provinsie te help om hulle produkte vir die mark voor te berei sodat hulle beter pryse kan behaal.
Groot inkomste vir provinsie
Volgens De Beer word sowat 4,5 miljoen kilogram se wol in die vroeëre Ciskei en Transkei geproduseer. “Projekte in dié omgewings fokus op die opgradering van skeerstore sodat hulle ook as opleidingslokale gebruik kan word,” sê De Beer. Altesaam 76 skeerhuise sal uit die projek baat.
De Beer beskryf die land se wol, waarvan 90% uitgevoer word, as ‘n uitstekende bron van inkomste vir produsente in landelike gebiede.
Bron: The Citizen
14 September 2010