AFGRI
BEAN
02 Jun
-
8499
-73,00
CORN
02 Jun
-
4527
-150,00
SOYA
02 Jun
-
7800
-74,00
SUNS
02 Jun
-
8300
38,00
WEAT
02 Jun
-
6320
-53,00
WMAZ
02 Jun
-
3698
-15,00
YMAZ
02 Jun
-
3814
-38,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Huurgeld-meevaller vir 50/50-projekte

“Die Regering kan nie die nuwe maatskappy huurgeld vra gegrond op ’n netto wins wat aan hom onbekend is nie.”

Die jaarlikse huurgeld op staatsgrond in sogenoemde 50/50-projekte sal slegs 2% van die waarde van die grond beloop. Die Tesourie het reeds hierdie reëling goedgekeur, het amptenare van die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming verlede week aan die parlement se betrokke portefeuljekomitee gesê.

Ingevolge die 50/50-voorstel word ’n nuwe maatskappy gestig wat ’n vennootskap is tussen bestaande kommersiële boerderye en plaaswerkers. Laasgenoemde word aandeelhouers in die onderneming en só word die relatiewe regte van die mense wat die grond bewerk, versterk.

Benewens om die werkers en werkgewers sakevennote te maak, stel die program hom ook ten doel om aan die plaaswerkers verblyfsekerheid te gee. Die departement wil hê dat dié program reeds teen 2019 vastrapplek kry.

Bekende bedrag

Mnr. Mncedisi Filtane van die UDM wou by die departement se amptenare weet waarom die huurgeld nie eerder bereken word op die uitsette van die onderneming as op die waarde van die grond nie.

Mnr. Bonginkosi Zulu, waarnemende adjunkdirekteur-generaal vir grondherverdeling en ontwikkeling, het verduidelik dat die waarde van die staatsgrond waarop die nuwe onderneming gevestig is, gebruik word omdat dit aan die staat bekend is. Die grond is gewaardeer en daarom is dit moontlik om ’n huurprys daarvolgens vas te stel.

“Ons het hierdie prys op 2% van die prys van die grond vasgestel.” Zulu het verduidelik dat die departement nie weet wat die netto jaarlikse wins op die grond is nie, aangesien die werkers, wat voorheen aan lae lone en slegte lewenstoestande onderworpe was, nou mede-eienaars van die besigheid gaan wees en hul verdienste aangepas kan word.

“Die Regering kan nie die nuwe maatskappy huurgeld vra gegrond op ’n netto wins wat aan hom onbekend is nie.”

Wins of omset

Me. Leona Archary, waarnemende direkteur-generaal, het gesê aanvanklik is oorweeg om die huur te grond op die wins of die omset van die onderneming, maar probleme is ook daarmee voorsien, want die boere of ondernemings het self die departement genader.

“Dit was moeilik, want ’n huurooreenkoms moes aan die begin gesluit word en daarom is in die konsultasieproses op 2% besluit.” Archary het egter aangedui dat die kwessie oor huurgeld weer in oënskou geneem kan word wanneer die maatskappy goed vaar.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.52
+0.6%
Rand - Pond
24.30
+1.2%
Rand - Euro
20.90
+1.0%
Rand - Aus dollar
12.90
+0.1%
Rand - Jen
0.14
+1.4%
Platinum
999.66
-1.6%
Palladium
1,405.51
+0.4%
Goud
1,950.46
-1.4%
Silwer
23.60
-1.2%
Brent-ruolie
74.28
+2.3%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.8%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Anti-gold digger !!!!
Rustig, ROOK nie, drink met geleentyd, en GEEN JOLLER. Werk vir myself(koop motors). Hou van Reis. Lyk en voel nie 51 nie, en nog baie aktief !!!
Let see what happens
Mense mens, ek is altyd positief doen en gee die beste as wat ek kan. Enkel mamma van twee wonderlike dogtertjies en soek meer kinders. Ek is baie lief vir kinders
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot