AFGRI
BEAN
07 Des
-
7536
0,00
CORN
07 Des
-
3733
25,00
SOYA
07 Des
-
7530
-9,00
SUNS
07 Des
-
11400
183,00
WEAT
07 Des
-
6285
-45,00
WMAZ
07 Des
-
3545
39,00
YMAZ
07 Des
-
3586
18,00
AMT
Beeste A2/3
26 Nov
-
54,24
-0,63
Beeste AB2/3
26 Nov
-
52,63
0,45
Beeste B2/3
26 Nov
-
50,32
0,23
Beeste C2/3
26 Nov
-
47,11
0,09
Bevrore Hoender
26 Nov
-
28,88
0,13
Bokkies (onder 30 kg)
26 Nov
-
62,18
-0,18
Bokooie
26 Nov
-
45,29
4,41
Groot (meer as 40 kg)
26 Nov
-
45,42
4,21
Hoender (IQF)
26 Nov
-
27,42
0,12
Medium (30-40kg)
26 Nov
-
57,4
8,84
Pork Average
26 Nov
-
28,41
-0,07
Poultry Average
26 Nov
-
28,82
0,11
Skaap A2/3
26 Nov
-
85,3
-0,27
Skaap AB2/3
26 Nov
-
76,69
-0,67
Skaap B2/3
26 Nov
-
72,23
-0,44
Skaap C2/3
26 Nov
-
69,96
-0,48
Speenkalf
26 Nov
-
41,14
-0,16
Spekvarke
26 Nov
-
29,41
0,01
Stoorlammers
26 Nov
-
44,39
0,84
Varkwors
26 Nov
-
23,5
0,04
Vars Hoender
26 Nov
-
30,18
0,10
Vleisvarke
26 Nov
-
28,44
0,06
Wol (skoon)
26 Nov
-
175,29
-0,07

Ingonyama-trust gaan appelleer oor terugbetaling van huurinkomste

akkreditasie
Foto: Johan van der Merwe
Foto: Johan van der Merwe
Die Ingonyama-trustraad gaan appèl aanteken teen die beslissing van die hooggeregshof in Pietermaritzburg dat die huurooreenkomste tussen die raad en die inwoners onwettig is en dat al die huurgeld aan die inwoners terugbetaal moet word.

Mnr. Petrus Coetzee, regverteenwoordiger vir die Ingonyama-trustraad, het aan Landbouweekblad bevestig dat hy opdrag gegee is om appèl aan te teken. Hy het nie toestemming om die totale huurinkomste wat die trustraad van inwoners ontvang het, bekend te maak nie.

Die landelike vrouebeweging in KwaZulu-Natal en die raad vir die bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Casac) het namens sewe inwoners die Ingonyama-trustraad voor die hof gedaag om die trust se onwettige omskakeling van begunstigdes se wetlik erkende bewoningsreg na huurpag om te keer. Die Regshulpsentrum, gelei deur adv. Tembeka Ngcukaitobi, het namens die aansoekers opgetree.

Die inwoners sluit in enkelma’s, fabriekwerkers, pensioentrekkers, boere en pa’s wat probeer om vir hul gesinne te sorg, het die Casac aangevoer. Die verblyfsekerheid van 5,2 miljoen inwoners wat op die Ingonyama-grond woon, is op die spel. Die Zoeloekoning, Misuzulu Sinqobile kaZwelithini, is die enigste trusteelid van die Ingonyama-trust. Hy is onlangs as koning ingehuldig ná die afsterwe van sy pa, koning Goodwill Zwelithini.

Die trustraad het al in 2007 die besluit geneem dat hy nie meer bewoningsreg gaan toestaan nie en dat huurkontrakte vir nuwe verblyfaansoeke uitgereik moet word. Die trustraad het einde 2017 weer ’n kennisgewing uitgestuur dat alle inwoners hul wetlik erkende bewoningsreg in huurkontrakte moet omskakel. In die 2018-’19-boekjaar is sowat R90 miljoen se huurgeld ontvang.

Die parlement se portefeuljekomitee vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het die proses wat in 2017 geadverteer is, destyds opgeskort, maar sommige inwoners het reeds die huurkontrakte onderteken.

Mnr. Mandla Mandela, voorsitter van die portefeuljekomitee, het gesê me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, moet haar bes doen dat die bevel van die hof toegepas word. “Ons moet in belang van dienslewering aan ons mense verseker dat instellings hulle bes doen en goeie praktyke van korporatiewe bestuur handhaaf en hul stigtingsdoelstellings vervul. Die begunstigdes van die Ingonyama-trustgrond in KwaZulu-Natal, wat sowat 3 miljoen ha beslaan, is ’n verlenging van ons deelnemende demokrasie en hul welstand, ontwikkeling en vordering word deur ons Grondwet en Handves van Menseregte beskerm.”

Didiza moet ingryp

Die hof het beslis dat Didiza in haar grondwetlike plig misluk het om die regte van landelike mense te respekteer en te bevorder, wat op grond bly wat die trust administreer. Sy is beveel om te verseker dat prosesse gevestig word wat die toestaan van bewoningsreg toelaat.

Sy moet ook elke drie maande aan die hof verslag doen oor haar vordering rakende kwessies rondom die beskerming van bewoningsreg totdat die geskikte maatreëls getref is vir die permanente beskerming van tradisionele bewoningsregte.

Toe die saak in Desember aangehoor is, het Ngcukaitobi aangevoer die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling was nalatig deur nie in te gryp en die gemeenskap te beskerm teen die optrede van die trust nie.

Dit is bekend dat die vorige ministers van grondhervorming en landelike ontwikkeling, mnr. Gugile Nkwinti en me. Maite Nkoana-Mashabane, oor die skema ingelig is en nagelaat het om in te gryp. Die huidige minister, Didiza, is ook by die parlement ingelig oor die optrede van die trust. Didiza se regspan het aangevoer dat sy nie kon ingryp om te keer dat die trust huurkontrakte toeken nie, want dit is nie binne die minister se magte om dit te doen nie.

Didiza het by navraag gesê die beslissing waar die minister gevra is om die trustgrond te bestuur het belangrike implikasies vir die staat en vir die trustraad. “As die staat aanvaar ons die uitslag van die saak en ons sal daaraan voldoen.”

Om aan die hofbevel te voldoen sal sy ’n plan ontwikkel wat die breuk sal takel wat ontstaan het weens die omskakeling van die bewoningsreg na huurkontakte. Ingebed in die plan sal ’n direktief wees vir die Ingonyama-trust om al die huurinkomste terug te betaal en die huurooreenkomste weer na bewoningsreg om te skakel. Só sal die titel weer aan die begunstigdes van die trustgrond herstel word.

Die ander kwessie sal wees om ’n meganisme te ontwikkel om die gedelegeerde funksie te monitor. Daar sal ook ’n stelsel uitgewerk word vir die kwartaallikse verslagdoening aan die hof rakende die vordering. Sy het benadruk dat werk gedoen sal word om die kapasiteit van die departement te versterk om kommunale grond te bestuur.

Verlede jaar September het Didiza ’n tussentydse trustraad aangestel sodat die jaarlikse oudit van die ouditeur-generaal nie benadeel word nie. Die trustraad se termyn het op 31 Augustus 2020 verstryk. Sy het gesê dat die proses rakende die aanstel van die nuwe trustraad so gou moontlik afgehandel sal word. Die proses om die nuwe trustraad aan te stel is onderbreek deur die afsterwe van koning Goodwill Zwelithini.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.98
-0.3%
Rand - Pond
21.18
-0.2%
Rand - Euro
17.99
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.32
-0.8%
Rand - Jen
0.14
-0.1%
Goud
1,778.90
+0.0%
Silwer
22.35
-0.2%
Palladium
1,866.94
+0.6%
Platinum
955.60
+1.4%
Brent-ruolie
73.08
+4.6%
Top-40
65,876
+2.0%
Alle aandele
72,299
+1.8%
Hulpbronne 10
69,197
+2.6%
Industriële 25
95,509
+2.3%
Finansiële 15
14,017
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Gaan elke dag voluit. More is nie vir ons verseker nie
Is buite mens. Hou van visvang kamp en sport. Is n mense mens. Plat op die aarde en so so lief vir kinders
Hoekom dan nou nie
Hou van om die vuur sit met vriende Visvang en soms in die bed le en movies kyk as die weer reg is. lewe is te kort vir drama ,😁
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot