AFGRI
BEAN
28 Jan
-
8110
0,00
CORN
28 Jan
-
3783
0,00
SOYA
28 Jan
-
8290
0,00
SUNS
28 Jan
-
10990
0,00
WEAT
28 Jan
-
5908
0,00
WMAZ
28 Jan
-
3620
0,00
YMAZ
28 Jan
-
3765
0,00
AMT
Beeste A2/3
14 Jan
-
56,61
2,35
Beeste AB2/3
14 Jan
-
54,81
1,61
Beeste B2/3
14 Jan
-
52,96
1,07
Beeste C2/3
14 Jan
-
46,06
-1,62
Bevrore Hoender
14 Jan
-
28,5
-0,41
Bokkies (onder 30 kg)
14 Jan
-
62,54
1,93
Bokooie
14 Jan
-
44,21
0,09
Groot (meer as 40 kg)
14 Jan
-
48,55
2,07
Hoender (IQF)
14 Jan
-
26
-1,55
Medium (30-40kg)
14 Jan
-
52,27
3,21
Pork Average
14 Jan
-
27,97
0,34
Poultry Average
14 Jan
-
27,83
-1,03
Skaap A2/3
14 Jan
-
83,51
-0,65
Skaap AB2/3
14 Jan
-
76,19
-0,44
Skaap B2/3
14 Jan
-
74,22
1,03
Skaap C2/3
14 Jan
-
69,25
-0,28
Speenkalf
14 Jan
-
40,35
-0,21
Spekvarke
14 Jan
-
27,93
-0,20
Stoorlammers
14 Jan
-
40,66
-0,02
Varkwors
14 Jan
-
22,58
0,42
Vars Hoender
14 Jan
-
29
-1,13
Vleisvarke
14 Jan
-
27,96
0,36
Wol (skoon)
14 Jan
-
172,35
-8,38

Ingonyama-trust ignoreer OG-aanbevelings

akkreditasie
Foto: Johan van der Merwe
Foto: Johan van der Merwe
Die Ingonyama-trustraad het op sy ou trant van administratiewe wangedrag voortgeploeter en nie die korrektiewe maatreëls ingestel wat die ouditeur-generaal (OG) die afgelope jare gesê hy moet volg nie.

Die trustraad het dus weer ’n gekwalifiseerde ouditmening van die OG ontvang weens die onvoltooide bekendmaking van onreëlmatige besteding. Die trust se ouditstatus bly dus gekwalifiseerd omdat hy nie die 2,8 miljoen ha grond wat die trust beheer, op die gepaste wyse erken en waardeer nie. Die OG het die 2019-’20-boekjaarverslag van die entiteit aan die parlement se portefeuljekomitee vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling voorgelê.

Die trust het dit al voorheen aan die parlement se portefeuljekomitee vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling gestel dat aangesien die trust in April 1994 die eienaar van die grond geword het en die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies (PFMA) (Wet 1 van 1999) eers later van krag geword het, die bepalings van die PFMA nie op hom van toepassing kan wees nie. Die trust meen die geld wat betaal moet word om die grond te waardeer, hou geen wesenlike voordeel vir die geemeenskappe in nie en dat die geld beter aangewend kan word vir voedselsekerheid en armoedeverligting. Die trust beskou ook die tantieme wat hy van mynhuise ontvang, as die inkomste van die trust. Hy weier ook om munisipale tariewe te betaal en skuld meer as R300 miljoen aan 23 munisipaliteite in KwaZulu-Natal.

Kommer

Die OG het met kommer uitgewys dat daar beduidende meningsverskille met die trustraad bestaan oor ouditbevindinge en -uitkomste. Die kwessies wat vorige jare uitgelig is oor die wetlike vereistes waaraan die trustraad moet voldoen, bly ’n sleutelmeningsverskil, het mnr. Thabo Ditodi van die kantoor van die OG gesê.

Daar was vertragings om terugvoer van die bestuur te kry oor die ouditbevindinge omdat verskeie amptenare op spesiale verlof is.

Die hersiening van finansiële state was nie voldoende nie, wat meegebring het dat wesenlike verdraaiings uitgewys is. Dit het gelei tot die gekwalifiseerde ouditmening vir die trustraad en ’n ongunstige mening vir die trust.

Ditodi het gesê daar sal sekere dringende ingrypings moet kom in die bestuurstruktuur van die trust om te verseker dat dit in ooreenstemming is met wetgewing.

Ingryping

Komiteelede wou by me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, weet hoe sy sal toesien dat die Ingonyama-trust tot verantwoording geroep word.

Didiza het gesê die kwessies is kommerwekkend en dit het haar en die departement gedwing om samesprekings met die raad en die bestuur te voer. “Ons het verskeie vergaderings gehad en ons gaan voort om met die trustees te vergader om die kwessies rondom bestuur van die Ingonyama-trustraad te bespreek.”

Dit is bekend dat die Zoeloekoning, Goodwill Zwelethini, die enigste trusteelid is. Zwelethini is gevra om die trustraad te versterk, want sommige lede het bedank. Didiza het die hoop uitgespreek dat daar verandering sal kom met die aanwysing van die nuwe raad.

Didiza het gesê die departement het amptenare gesekondeer na die Ingonyama-trustraad sodat die kwessies wat hulle in die gesig staar, “dieper verstaan” kan word.

Die departement kyk ook na die wetgewing wat die trust reguleer, want dit is só gestruktureer dat dit die mag van die minister van landbouminister beperk om die raad doeltreffend te reguleer soos ander entiteite. Die komitee sal nog ingelig word of wysigings gemaak moet word.

Didiza het ook gesê dat die oudit van die kommissie vir die herstel van grondregte vir die eerste keer onafhanklik van die departement voltooi is. Die kommissie het ’n ongunstige mening ontvang aangesien hy die finansiële state nie volgens die rekenkundige raamwerk voorberei het nie.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.59
-0.8%
Rand - Pond
20.89
-0.0%
Rand - Euro
17.38
+0.0%
Rand - Aus dollar
10.90
+0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Goud
1,791.82
0.0%
Silwer
22.47
0.0%
Palladium
2,379.00
0.0%
Platinum
1,016.00
0.0%
Brent-ruolie
90.03
+0.8%
Top-40
67,021
-0.1%
Alle aandele
73,455
-0.1%
Hulpbronne 10
74,081
-1.4%
Industriële 25
90,993
+0.6%
Finansiële 15
15,218
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Selfs die donkerste nag sal eindig en die son sal opkom.
Ek is ń Christen. Ek dink aan myself as iemand met ń sin vir humor, vriendelikheid, verantwoordelikheid, ń liefde vir die natuur, positiewe denke en...
Pret en Plesier
Ek is stout en passievol. Ek lag maklik vir myself en verwag dieselfde. Nou is dit my tyd on Oets nuuts te ondervind. Ek het n interests te storie om te deep.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot