AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Ingonyama-trust oortuig OG se oudit is verkeerd

akkreditasie
Foto: Johan van der Merwe
Foto: Johan van der Merwe
Die Ingonyama-trustraad is daarvan oortuig dat die ouditeur-generaal (OG) se gekwalifiseerde ouditmening oor die trust verkeerd is en het ’n dispuut aanhangig gemaak om dit omgekeer te kry.

Die trust het aan die parlement se portefeuljekomitee vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling verduidelik waarom hy nie saamstem met die OG se ouditbevindinge nie en waarom hy meen slegs die trust se raad, en nie die trust self nie, is onderhewig aan die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (Wet 1 van 1999).

Volgens regter Jerome Ngwenya, voorsitter van die direksie van die Ingonyama-trust, het die OG verkeerdelik die vorige boekjaar se onreëlmatige uitgawes gevoeg by dié van die 2019-’20-boekjaar wat geoudit was. Die OG het aangevoer dat die volle onreëlmatige uitgawes nie aan hom bekend gemaak is nie.

Ngwenya het gesê die trustraad het die onreëlmatige uitgawes van R943 824 vir die 2019-’20-boekjaar verklaar. Die OG het volgens hom verkeerdelik die vorige jaar se R1,9 miljoen onreëlmatige uitgawes by die R943 824 getel en aangedui dat versuim is om onreëlmatige uitgawes van R2,84 miljoen te verklaar. Die trustraad het ’n dispuut verklaar in die hoop om ’n beter ouditmening te kry.

Hy het gesê dat slegs die Ingonyama-trustraad ’n openbare entiteit is wat deur die OG geoudit kan word, en nie die Ingonyama-trust nie.

Trust moet luister

Om die trust te dwing om ten volle gehoor te gee aan die finansiële wette van entiteite, het mnr. Noko Mapisa, DA-LP, gesê dat die wet me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, die mag gee om die nasionale tesourie in kennis te stel dat die Ingonyama-trust as ’n entiteit verklaar moet word. Hy het voorgestel dat die komitee hierdie weg oorweeg sodat die trust behoorlik aan die parlement se vereistes en die OG-verslag kan voldoen.

Mnr. Sam Matiase, EFF-LP, het dit duidelik gemaak dat die trust nie ’n simpatieke oor sal kry nie. Die OG is ’n opperste ouditinstelling ingevolge die hoofstuk 9-instellings van die Grondwet en dat die trust die wet moet gehoorsaam.

Volgens mnr. Ndumiso Capa, ANC-LP, blyk dit die trust verstaan nie die rol van die OG nie. Die OG is nie besig met ’n heksejag nie en daar is nie rede waarom die bevindinge foutief sal wees nie.

Rekenpligtig

Mnr. Mandla Mandela, voorsitter van die portefeuljekomitee, het by die aanvang van die vergadering die belang van rekenpligtigheid uitgelig. Hy het verwys na ’n toespraak van ontslape oudpres. Nelson Mandela 31 jaar gelede in Bloemfontein, ’n paar dae nadat hy vrygelaat is: “Die verval van goeie gewete en die afwesigheid van rekenpligbaarheid en openbare ondersoek het gelei tot misdade teen die mensdom en die skending van die internasionale reg.”

Hy het gesê die Ingonyama-trust en die trustraad se stigting in die vroeë stadiums van die vorming van die demokrasie was gemik om nasiebou, versoening en maatskaplike samesyn te bevorder.

Die indiening van ’n jaarverslag is ’n aksie van rekenpligbaarheid en erkenning dat geen private of openbare korporatiewe entiteit bo die wet verhewe is nie, maar ’n plig het om onder meer verslag te doen.

Die sleutelvraag wat hy wil hê die komitee moet oorweeg, is die rekenpligbaarheid van die trust. Hy het gesê die OG dui korrek aan dat die trust ’n openbare entiteit is wat rekenskap moet gee soos die wet vereis. “Op watter basis redeneer die raad dat hy nie rekenpligbaar hoef te wees soos die parlement verlang nie? Hierdie kwessie kom reeds lank aan.”

Mandela het benadruk dat die Ingonyama-trustraad en die Ingonyama-trust onlosmaaklik met mekaar verbind is. Die raad kan nie op sy eie bestaan nie, want dit is die rekenpligbare owerheid van die trust.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.56
-0.0%
Rand - Pond
21.59
-0.3%
Rand - Euro
18.50
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.92
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom leer my ken dan besluit jy self
Ek is n introvert maar sodra jy my leer ken maak ek oop. Is n natuurmens wat alles in buite lewe geniet. Eerlikheid is bitter belangrik daar sonder werk niks
Vrou wat soek na ware liefde en geluk.
Ek is deur ñ moeilike ryd maar dit maak my net sterker en positief vir die toekom voorentoe. Ek hou van stap en movies kyk. Ek hou niks van dronk partytjies en baklei nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot