AFGRI
BEAN
08 Aug
-
8940
0,00
CORN
08 Aug
-
3920
0,00
SOYA
08 Aug
-
8653
0,00
SUNS
08 Aug
-
10306
0,00
WEAT
08 Aug
-
7140
0,00
WMAZ
08 Aug
-
4195
0,00
YMAZ
08 Aug
-
4176
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

‘Ingrypende toename’ in misdaad op die platteland

akkreditasie
'n Heining om 'n plaaswerf. Foto: Alani Janeke
'n Heining om 'n plaaswerf. Foto: Alani Janeke
Terwyl boere, hul werknemers en ander inwoners van plase aangeval word en die plattelandse ekonomie al hoe meer onder beleg kom, is die regering steeds onbetrokke en word daar harder baklei om die misdaadstatistieke te verbloem as om landelike veiligheid te verbeter.

Só sê mnr. Francois Claassen, koördineerder van Bonnievale CCC se veiligheidsprojekte, oor die huidige stand van landelike veiligheid op die Suid-Afrikaanse platteland.

Voorvalle die afgelope twee weke het weer landelike veiligheid in die kollig geplaas. Verlede week is mnr. Tool Wessels (55) en sy vrou, Liezel (55), van die plaas Kapteinsdrift by Bonnievale ure lank gyselaar gehou in hul plaashuis. Tool is vermoor en Liezel ontvang tans mediese behandeling vir ’n steekwond en brandwonde.

In dieselfde week is mnr. Theunis Bosch (74) vermoor op ’n plaas tussen Vredefort en Kroonstad waar hy saam met sy tweelingsuster en haar man gewoon het.

Maandag is ’n 17-jarige meisie en haar pa op hul plaas in dis distrik Fochville in Gauteng oorval toe hulle om 05:30 skool toe gery het. Sy is verkrag en haar pa herhaaldelik oor die kop geslaan. 

Sinlose moord

Claassen sê almal in Bonnievale is geskok oor die omstandighede rondom Tool se sinlose moord en die wreedheid daarvan. “Die aanval was nie teen ’n plaas of teen twee mense gemik nie. Dit was ’n aanval op ons hele gemeenskap en ons waardeketting as die verskaffers van werksgeleenthede en voedselsekerheid vir die land. Dit gebeur teen die agtergrond van ’n onbetrokke staat en sy leiers wat in ontkenning is oor die situasie in landelike gebiede – en Suid-Afrika in die geheel – ten opsigte van moord en misdaad.”

Hy sê Bonnievale se plaaswagte is nou meer vasbeslote as ooit om saam met die plaaslike polisie, diensverskaffers en die gemeenskap te werk om die gemeenskap se veiligheid te verseker. “Ons versoek ons gemeenskappe om by die betrokke veiligheidstrukture op dorpe en die platteland betrokke te raak.” 

Misdaadstatistieke

Claassen sê die indruk word gewek dat baklei word oor misdaadstatistieke pleks daarvan dat misdaad beveg word. Boere kan die gevolge daarvan voel en sien. “Misdaad het ’n vernietigende uitwerking op ons ekonomie. Ons kan dit vandag aan ons besighede meet. Die daaglikse gevalle van haatspraak, leuens, wanvoorstellings en uitsprake wat tot verdeeldheid lei, is regstreeks verantwoordelik vir hierdie situasie. Daar kan geen groei, investering en werkskepping wees in sulke omstandighede nie.”

Hy sê die ooglopende toelating van onwettige immigrante in plaaslike gemeenskappe en die land as ’n geheel is besig om generasies se welvaartskepping en menseverhoudings vir almal te vernietig en ongedaan te maak. “Ons sal moet eerlik wees oor die oordrewe politieke korrektheid in vandag se samelewing. Dit veroorsaak dat ons nie teenoor mekaar kan sit as landgenote en die werklike probleme identifiseer en oplossings daarvoor vind nie. Pogings tot versoening word doelbewus in die wiele gery.” 

Bystand

Hy sê die ironie is dat die Bonnievale-gemeenskap al baie jare gelede begin bou het aan ’n nuwe Suid-Afrika. Onlangse voorbeelde daarvan is pogings om water vir Beaufort-Wes bymekaar te maak toe dié dorp se water opgedroog het, asook Bonnievale se Droom-projek.

Nog ’n voorbeeld is die Jakes Gerwel-skool waarop die dorp so trots is. “Ons wag eintlik vir die res van die land om by te kom. Met dieselfde doelgerigtheid, ywer en vasbeslotenheid waarmee ons hierdie gemeenskapsprojekte aangepak het, gaan ons verseker dat ons gemeenskappe veilig is. Daar is werk wat moet gedoen word.” 

Toename

Mnr. Tommie Esterhuyse, Agri SA se voorsitter vir landelike veiligheid, sê daar was die afgelope tyd ’n ingrypende toename in misdaad op die platteland, veral ten opsigte van veediefstal, gewelddadige misdade en eiendomsverwante misdade. Hy sê die grootste redes hiervoor is ’n gebrek aan wetstoepassing, asook die nodige infrastruktuur daarvoor (veral ’n gebrek aan voertuie en opleiding). “Boere is op hulself aangewese en moet na hulself omsien. Die polisie is nie opgewasse vir die toename in misdaad in landelike gebiede nie. Dit is hoekom ons na private sekerheidsmaatskappye uitreik.”

Hy sê die gebrek aan landelike veiligheid is een van die grootste bydraes tot verliese in die landboubedryf en is vergelykbaar met die verliese wat boere weens die droogte ervaar. Volgens hom is Agri SA egter optimisties dat daar ná die onlangse verkiesing veranderinge sal wees. “Dit loop egter hand aan hand met ons hersiene landelike veiligheidstrategie. Dit is goed ontvang, maar ons is bekommerd oor die toepassing daarvan.”

Esterhuyse sê Agri SA sal in die toekoms meer optrede deur die provinsiale en nasionale polisie wil sien, veral gesamentlike optrede sodat daar op die misdaadgevaarpunte gekonsentreer kan word. Die organisasie wil ook hê dat boere meer betrokke moet raak by landbouverenigings en ander organisasies. “Agri SA monitor die misdaad met groot kommer en erns. Ons wil sien dat die polisie meer, gouer en beter reageer om boere se griewe aan te pak.”

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.64
-0.2%
Rand - Pond
20.14
-0.3%
Rand - Euro
17.02
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.61
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,791.21
+0.1%
Silwer
20.61
-0.3%
Palladium
2,198.81
-2.0%
Platinum
941.00
-0.4%
Brent-ruolie
96.65
+1.8%
Top-40
63,771
0.0%
Alle aandele
70,266
0.0%
Hulpbronne 10
65,045
0.0%
Industriële 25
85,829
0.0%
Finansiële 15
15,741
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my lewens maat deur dik en dun en lus vir die lewe.
Ek is lief vir die buite lewe en natuur. Geniet my vriende en familie. Hou van kuier saam goeie geselskap. En ek love my braai.
êrens is jy..: Antjie Krog
Ek is opreg. Liefdevol. Getrou. Maklik. Prettig. Lief vir die lewe. Musiek. Die natuur. Wil lag. Weer lewe saam my spesiale mens. Ek is lief vir diere. Ek dink soms meer as vir...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot