AFGRI
BEAN
30 Me
-
8670,4
45,40
CORN
30 Me
-
4373
78,00
SOYA
30 Me
-
7805
-10,00
SUNS
30 Me
-
8250
-77,00
WEAT
30 Me
-
6659
50,00
WMAZ
30 Me
-
3719,2
53,20
YMAZ
30 Me
-
3810
45,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Inperking: Verslapping van maatreëls ‘te min, te laat’

akkreditasie
Dr. Theo de Jager, voorsitter van die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief (Saai). Foto: Gerrit Bezuidenhout
Dr. Theo de Jager, voorsitter van die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief (Saai). Foto: Gerrit Bezuidenhout
Pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat inperkingsregulasies verslap word, is vir baie boere, landboubedrywe en waardekettings te min en te laat, sê dr. Theo de Jager, voorsitter van Saai se direksie.

Hy sê vir die wildbedryf, wat reeds deur die afwesigheid van buitelandse trofeejagters vermink is, was die onverklaarbare verbod op interprovinsiale reise vir plaaslike jagters ’n nekslag. “Die tradisionele jagseisoen is amper verby en honderde wildplase is in ’n finansiële krisis gedompel met duisende werkverliese stroomop en stroomaf in die waardeketting.”

Kontantvloeikrisisse

Hy sê soortgelyke werkverliese het reeds ’n maatskaplike krisis tot gevolg in die wynbedryf, waar die verlies aan besigheid nie net tot die 2020-produksiejaar beperk is nie. Oorvol kelders het nie opbergingskapasiteit in tenks en vate nie en het druiweboere reeds in kennis gestel dat hulle nie 2021-kwotas kan toeken nie.

Volgens hom is tabakboere en hul werkers wat kontantvloeikrisisse ervaar weens die 20 week lange verbod op die handel in tabakprodukte, ontsteld oor die opsigtelik gebrekkige navorsing en data waarop die besluit om rook te verbied, gegrond was.

Die argumente en inligting wat dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, in Saai, Batsa en ander se hofaansoeke gebruik het om die verbod op die verkoop van sigarette te regverdig, is volgens hom ver van die werklikheid van ’n afgetakelde waardeketting waarin miljarde rande se staatsinkomste verlore gegaan het en ondernemings, boerderye en werkgeleenthede nie kan oorleef nie.

“Om nou te vra vir die skep van nuwe werkgeleenthede, terwyl boere en landelike ondernemings sukkel om bestaande werkgeleenthede te behou, veral ná noodkrete wat sedert Mei 2020 tot die regering gerig is om die doodgewurgde ondernemings asem te gee, val vreemd op die oor.

“Die plattelandse sakesektor se vertroue in die regering is dermate deur die onvoorspelbaarheid, onverskilligheid en irrasionaliteit van die regering geskend dat dit lank sal duur vir beleggings om nuwe werkgeleenthede te rugsteun.”

Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, sê die verslapping van die regulasies is goeie nuus vir die plaaslike wynbedryf, veral kleiner produsente, wat afhanklik is van plaaslike verkope. “Die opheffing van die verbod op drankverkope is die enigste manier om verdere werksverliese, die sluit van besighede en onherstelbare skade aan die bedryf te stuit.”

Hy sê die wynbedryf sal ’n belangrike rol in die Wes-Kaap se ekonomiese herstel speel, aangesien dit nie net ’n landbouproduk lewer wat tot die BBP bydra nie, maar ook ’n groot trekpleister vir landboutoerisme is.

Irrasioneel

AfriForum sê Suid-Afrikaners moet besef dat dit roekeloos is om van die regering te verwag om verantwoordelik op te tree en na hul belange om te sien. Die burgerregteorganisasie meen ook dat die regering nie vir die opheffing van die rook- en drankverbod, of die opheffing van die verbod op interprovinsale reise geprys moet word nie, omdat die verbod daarop irrasioneel was.

Mnr. Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, sê dat korrupsie, en veral die diefstal van geld wat vir verligting geoormerk is, nie aandag gekry het nie. “Om nou vir die president dankie te sê dat die inperkingsmaatreëls verslap word, is soos vir ’n gevangene om sy ontvoerder te bedank wanneer hy vrygelaat word. Ons ly nie aan Stockholm-sindroom nie.”

Omstandighede, nie goeie leierskap

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, sê dit was nie goeie leierskap nie, maar omstandighede wat Ramaphosa gedwing het om die “drakoniese” regulasies te verslap.

“Nie net het ANC-lede regdeur die strukture van die ANC die inperking grootliks misbruik om noodgeld te plunder nie, maar waarskuwings vanuit ekonomiese kringe het al hoe harder opgeklink dat die land se ekonomie ’n finale kantelpunt bereik het.

“Dit is ook duidelik dat die talle regsgedinge wat teen die regering aanhangig gemaak is, insluitend die hofaansoek van die VF Plus, druk op die regering laat toeneem het tot so ’n mate dat hy toegewings moes maak.”

Mnr. Johan Steenhuisen, DA-leier, sê die verlenging van die inperkingsperiode tot 15 September bewys weer dat die ANC “desperaat klou aan die nuwe normaal wat hy die afgelope vyf maande geskep het”.

Hy stem saam dat die regering nie nou vir die verslapping van die regulasies geprys moet word nie. “Die ANC het Suid-Afrikaners se lewens op ’n ondenkbare vlak verwoes, terwyl hy nie ’n enkele dag sonder ’n inkomste gesit het nie. Hy is totaal uit voeling met dié mense.

“Die enigste ding wat die inperking bereik het, is die verwoesting van die ekonomie en die verlies van miljoene werkgeleenthede.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.77
-0.6%
Rand - Pond
24.58
-1.2%
Rand - Euro
21.22
-0.7%
Rand - Aus dollar
12.93
-0.5%
Rand - Jen
0.14
-0.9%
Platinum
1,032.44
+0.2%
Palladium
1,440.37
+0.8%
Goud
1,954.83
+0.6%
Silwer
23.22
+0.2%
Brent-ruolie
77.07
+0.2%
Top-40
71,950
+0.7%
Alle aandele
77,033
+0.6%
Hulpbronne 10
68,646
+1.1%
Industriële 25
106,967
+0.7%
Finansiële 15
14,535
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wanted - best friend, lover and everything else
Enjoy the normal stuff like music, cooking together and whilst I am a tactile person - I also believe that we must be able to have our own 'me' time. Prefer private...
Kom ons kyk wat gebeur
Dit is so moeilik om jouself te beskryf. Ek kan jou wel se jy sal nooit weer iemand soos ek ontmoet nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot