
Inskrywings is nou oop vir Agri’s Got Talent (AGT). Alle Suid-Afrikaanse plaaswerkers in die sagtevrugte-, sitrus- en wynbedryf kan inskryf.
Dit is AGT se negende bestaansjaar. Die program is ’n gesamentlike onderneming tussen Hortgro, die Sitruskwekersvereniging, Vinpro, Suid-Afrikaanse tafeldruifbedryf (Sati) en die Wes-Kaapse departement van landbou.
Die toptien sal stem- en sosialemedia-opleiding ontvang tydens ’n opleidingsweek in die Wes-Kaap voor die groot eindstryd. Die finaliste sal ook aan selfontwikkelingwerksessies deelneem, wat sal konsentreer op die ontwikkeling van selfvertroue, eiewaarde, konflik-, tyd- en finansiële bestuur.
In die groot eindstryd sal die toptien elkeen twee liedjies voor ’n paneel beoordelaars en ’n gehoor by ’n gala-geleentheid uitvoer, waar die wenner van AGT 2022 gekroon sal word.
Verlede jaar se wenner, me. Faith Nogemane, het gesê dat AGT baie vir haar beteken het. “Ek was skaam wanneer dit by sing voor mense kom. Maar by AGT het ek geleer om meer selfvertroue op te bou en my gevoelens uit te druk.”
Deelnemers kan inskryf deur stemopnames of video’s via WhatsApp te stuur na 082 372 1577 of e-pos na info@agrisgottalent.com. Inskrywings het op 15 Maart 2022 geopen en sluit op 30 Junie 2022. Liedjies kan in enige genre of taal uitgevoer word.
Die volgende inligting moet saam die stemopnames en video’s gestuur word:
- Naam en van
- Geboortedatum
- Selfoonnommer
- Naam van plaas/pakhuis/kelder
- Posbeskrywing
- Hoe lank jy al op die plaas/pakuis/kelder werk
- Naaste dorp
Vir nog inligting besoek www.argrisgottalent.com of besoek Agri’s Got Talent se Facebookblad by www.facebook.com/agrisgottalent.com of kontak Thea van Zyl by info@agrisgottalent.com of 083 642 5342.