Die bekendmaking van belangrike landboudata deur die Amerikaanse departement van landbou wat op 11 Januarie sou geskied, is onbepaald vertraag deur die gedeeltelike sluiting van die Amerikaanse federale regering.
Die sluiting is weens onmin tussen pres. Donald Trump en die land se kongres, wat daartoe gelei het dat wetgewing wat die finansiering van sekere regeringsdienste toelaat, nie in werking kon tree nie.
Ván die data wat geraak word, is die World Agricultural Supply and Demand Estimates (Wasde), graanproduksiedata vir Amerika en data oor die wêreldvoorraad van graan, rys, wintergraan, kanola en katoen.