Die internasionale diereregtegroep Peta het ’n veldtog oor beweerde dieremishandeling in die Peruviaanse alpakkabedryf van stapel gestuur — soortgelyk aan ’n veldtog wat in 2018 teen die Suid-Afrikaanse bokhaarbedryf gevoer is.
Die groep se ondersoek van Mallkini, die grootste alpakkaplaas in private besit in Peru, het bevind dat diere hardhandig behandel word en diep snywonde in die skeerproses opdoen, wat toegewerk is “sonder voldoende pynverligting”.
Peta het die Peruviaanse owerhede gevra om Mallkini te ondersoek vir moontlike oortredings van die land se dierebeskermingswette. ’n Aantal klerehandelsmerke, onder meer Esprit en Gap, het in reaksie bande met Mallkini verbreek. – Peta