Temperature het vroeg vandeesmaand tot geskiedkundige vlakke gestyg in die noordweste van Amerika weens ’n reusehoëdrukstelsel. In Seattle, Washington, het die dagtemperatuur vir drie dae opeenvolgens bo 37 ºC gestyg, waar dit voorheen nog net twee keer die afgelope 50 jaar gebeur het.
In die deelstaat Oregon was daar optogte in die Willamette-vallei ná die dood van ’n 38-jarige plaaswerker weens hitte-uitputting.
Temperature van tot 45 ºC is in die Yakimavallei verwag, en die Oregon- plaaswerkerunie het ’n beroep gedoen op die kantoor vir werkplekveiligheid (OHSA) om noodmaatreëls in te stel om plaaswerkers veilig te hou, soos toegang tot vars water, skaduplekke en betaalde ruspouses as die temperature bo 32 ºC styg.