Die terugtrek van omstrede wetgewing wat die Indiese landboumark sou dereguleer, sal die land se landbousektor van brood- nodige private belegging ontneem. Indië is 101ste uit 116 lande op die wêreldwye indeks vir hongersnood, en wanvoeding is verantwoordelik vir 68% van kindersterftes.
Tog gaan 67 miljoen ton kos, ter waarde van sowat $12,25 miljard (sowat R195 miljard), jaarliks in Indië verlore. Dit is vyf maal soveel soos in die meeste groot ekonomieë.
Dit is hoofsaaklik weens onvoldoende kouekettings, te min koeltrokke en onvoldoende voedselverwerkingsgeriewe, volgens verskeie navorsingstudies.