Te midde van meedoënlose aanvalle deur Rusland vervoer die Oekraïnse graanbedryf ál meer graan spoorlangs omdat die meeste van die land se hawens gesluit is.
Dié treine loop hulle vas in weke lange vertragings by die grens omdat die infrastruktuur nie die ekstra verkeer kan hanteer nie, volgens die ontledingsmaatskappy UkrAgroconsult.
Verder raam die Verenigde Nasies dat daar tot op ’n derde van Oekraïnse plase nie gesaai of geoes sal word nie weens die oorlog. Reuters berig dat Oekraïne nie genoeg opbergingskapasiteit het vir selfs sy verkleinde 2022-graanoes nie omdat die land sukkel om bestaande voorrade uit te voer te midde van die oorlog.