Indonesië se verbod op palmolie-uitvoer, wat aanvanklik net op verfynde, gebleikte en ontgeurde palmoleïen van toepassing was, is einde April uitgebrei om ook onverwerkte palmolie in te sluit. Termynkontrakte in Indonesië het met 9,8% gestyg ná die aankondiging, en in Amerika met 4% tot ’n rekordhoogtepunt.
Mnr. Paul Hughes, hoof-landbouekonoom van S&P Global Commodities, meen egter só ’n verbod kan nie lank duur nie, want Indonesië verbruik net sowat ’n derde van sy produksie. Die opbergingskapasiteit sal dus gou opraak. Palmolie-uitvoer is ook te belangrik vir Indonesië se ekonomie as geheel.
Mengniu, een van China se grootste suiwelmaatskappye, waarsku dat dié bedryf ondanks tegnologiese vooruitgang nie kan byhou met die vraag nie, en dat China se invoer van suiwelprodukte van 2015 tot 2020 met 70,4% gestyg het.