Die Amerikaanse departement van landbou se 17de oesvorderingsverslag wat einde Julie vrygestel is, het ’n daling in die gehalte van mielies, soja én koring aangeteken.
In die top-18 mielieproduserende deelstate is 61% van die mielie-oes as goed of uitstekend geklassifiseer, wat drie persentasiepunte laer is as die vorige week, en 14% is as swak of baie swak geklassifiseer.
Van die sojabone was 59% as goed of uitstekend geklassifiseer – twee persentasiepunte laer as die vorige week, en 11% is as swak of baie swak geklassifiseer.