AFGRI
BEAN
21 Jan
-
7867
0,00
CORN
21 Jan
-
3691
0,00
SOYA
21 Jan
-
8250
0,00
SUNS
21 Jan
-
11200
0,00
WEAT
21 Jan
-
5830
0,00
WMAZ
21 Jan
-
3663
0,00
YMAZ
21 Jan
-
3768
0,00
AMT
Beeste A2/3
07 Jan
-
55,55
-1,06
Beeste AB2/3
07 Jan
-
53,84
-0,97
Beeste B2/3
07 Jan
-
51,83
-1,13
Beeste C2/3
07 Jan
-
47,03
0,97
Bevrore Hoender
07 Jan
-
29,37
0,87
Bokkies (onder 30 kg)
07 Jan
-
60,79
-1,75
Bokooie
07 Jan
-
44,43
0,22
Groot (meer as 40 kg)
07 Jan
-
42,4
-6,15
Hoender (IQF)
07 Jan
-
27,73
1,73
Medium (30-40kg)
07 Jan
-
54,52
2,25
Pork Average
07 Jan
-
28,77
0,80
Poultry Average
07 Jan
-
29,2
1,37
Skaap A2/3
07 Jan
-
82,4
-1,11
Skaap AB2/3
07 Jan
-
75,3
-0,89
Skaap B2/3
07 Jan
-
73,05
-1,17
Skaap C2/3
07 Jan
-
68,32
-0,93
Speenkalf
07 Jan
-
40,26
-0,09
Spekvarke
07 Jan
-
29,08
1,15
Stoorlammers
07 Jan
-
40,88
0,22
Varkwors
07 Jan
-
22,76
0,18
Vars Hoender
07 Jan
-
30,5
1,50
Vleisvarke
07 Jan
-
28,73
0,77
Wol (skoon)
07 Jan
-
175,36
3,01

Invoer, belastings ’n bitter pil vir suikerbedryf

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Lloyd Phillips
Foto: Lloyd Phillips
Belanghebbendes in Suid-Afrika se suikerrietwaardeketting hoop dat die bedreigings vir sy winsgewendheid vinnig en voldoende deur die regering oorweeg en aangepak sal word.

Die dringendste hiervan is die groot hoeveelhede suikerinvoer vanuit Eswatini saam met die moontlikheid van ’n verhoging in die gesondheidsbevorderingsheffing (GBH), of suikerbelasting, op suikerversoete koeldranke.

Mnr. Trix Trikam, uitvoerende direkteur van die Suid-Afrikaanse Suikervereniging (SASV), het aan Landbouweekblad gesê sy organisasie is bekommerd oor die “steeds groter” hoeveelhede suiker wat vanaf Eswatini na Suid-Afrika uitgevoer word.

“Vir die 2020-’21-seisoen is 385 334 ton suiker uit Eswatini ingevoer, wat ’n toename van 9% teenoor die vorige jaar is. Hierdie verskynsel lei tot die verskuiwing van Suid-Afrikaanse produsente se suiker na die verliesmakende uitvoermark.”

Hy het gesê hoewel die toonaangewende No. 11-wêreldprys van onverwerkte suiker die afgelope maande effens gestyg het, was wêreldwye voorrade van hierdie kommoditeit nog op hoë vlakke. Dit dui aan dat No. 11-pryse waarskynlik nie sal styg in die mate dat Suid-Afrikaanse suikeruitvoer winsgewend sal word vir die land se suikerrietwaardeketting wat geen staatsubsidies kry nie. Om hierdie rede bly dit ’n hoofdoel van die SASV om uitvoer van Suid-Afrikaanse suiker te beperk.

Trikam het gesê dat die regerings van Suid-Afrika en Eswatini gesprekke voer oor Eswatini se doeanevrye suikeruitvoer na Suid-Afrika ingevolge die handelsooreenkomste van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (SADU). In hierdie stadium het hy geen inligting oor vordering en uitkomste wat verband hou met hierdie besprekings nie.

Mnr. Sifiso Mahlaba, nasionale markbestuurder van die SASV, het op ’n mediakonferensie by die SASV se KwaShukela-hoofkantoor in KwaZulu-Natal gesê sedert die Suid-Afrikaanse regering die GBH op 1 April 2018 begin hef het, het Suid-Afrika se suikerbedryf jaarliks plaaslike verkope van ongeveer 250 000 ton, ter waarde van ongeveer R1,2 miljard, verloor.

Trikam en dr. Siyabonga Madlala, hoof van die Suid-Afrikaanse boereontwikkelingsvereniging (Safda), het afsonderlik by die regering gepleit om nie die GBH te vergroot of die omvang daarvan uit te brei nie, soos tans deur dele van die nasionale samelewing versoek word.

“Hoewel ’n moontlike verhoging van die suikerbelasting die hele bedryf sal beïnvloed, sal die kleinskaalse suikerrietprodusente die meeste daaronder ly. Ondersteuners van ’n bykomende belasting het nie genoeg aandag gegee nie aan die feit dat plattelandse gemeenskappe in suikerrietverbouingsgebiede reeds ’n groot impak deur verskeie ongunstige faktore gehad het. ’n Verdere styging sal katastrofies wees.”

Trikam het gesê dat die SASV dit nou oorweeg om ’n verhoging van die byna drie jaar oue verwysingsprys van VS$680/ton op suikerinvoer van buite die SADU te versoek. Hierdie tarief is daarop gemik om die storting van goedkoop suiker in die Suid-Afrikaanse mark teen te werk.



Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.10
+0.9%
Rand - Pond
20.46
+0.1%
Rand - Euro
17.13
+0.0%
Rand - Aus dollar
10.85
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,834.71
0.0%
Silwer
24.29
0.0%
Palladium
2,111.50
0.0%
Platinum
1,034.00
0.0%
Brent-ruolie
87.89
-0.6%
Top-40
68,186
-2.1%
Alle aandele
74,835
-1.9%
Hulpbronne 10
74,924
-3.0%
Industriële 25
94,147
-1.8%
Finansiële 15
15,076
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons stap 'n pad...
Ek is n "geen pretensie, geen voorgee"mens wat omgee, lojaal is en nog glo aan waardes en goeie maniere. Ek is lief vir die buitelewe en kamp graag. Ek haat fake...
Maak nie saak wat elke dag vir my inhou nie, ek is positief en lag altyd
Ek is n positiewe liefdevolle mens. Het n baie sagte hartjie. Baie lief vir kinders en bejaarde mensies. Hou van dans, kuier, braai kamp en sommer alles wat lekker is
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot