AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Invoerders van hoendervleis vra moratorium op tariewe

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Astral
Foto: Astral
Die opheffing van BTW en invoertariewe op hoendervleis kan verbruikers ’n blaaskans gee, sê vleisinvoerders.

Die vereniging van vleisinvoerders en -uitvoerders (AMIE) gaan ’n versoek tot die regering rig dat invoertariewe op alle hoendervleisprodukte dringend opgehef word en dat ’n drie jaar lange moratorium op enige nuwe tariewe ingestel word.

Mnr. Paul Matthew, uitvoerende hoof van AMIE, sê hulle gaan ook vra dat BTW nie op hoendervleis gehef word nie, sodat arm verbruikers hoendervleis kan bekostig.

Matthew het op ’n mediakonferensie gesê hoendervleis is die bekostigbaarste bron van vleisproteïen vir verbruikers, maar groot prysstygings word verwag weens inflasie, internasionale tekorte aan voedsel en kommoditeite, die stand van die ekonomie te midde van die covid-19-pandemie, die uitwerking van die oorlog in Oekraïne op voedselsekerheid, die styging in brandstof-, vervoer- en elektrisiteitskoste, stygende handelstariewe, ontwrigtings in die aanbodketting, dalende lone en stygende werkloosheid.

Hy het verwys na die regering se onlangse stappe om die brandstofheffing met R1,50/liter te verlaag en die uitstel van die verhoging in die suikerbelasting, in ’n poging om die druk op verbruikers te verlig, en gesê dieselfde kan vir hoendervleis gedoen word.

Matthew het aangehaal uit die Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity Group se verslag van einde Maart waarvolgens hoendervleis in Maart vanjaar 11% duurder as ’n jaar gelede was en die prys die afgelope dekade elke jaar met 10% gestyg het.

Matthew het gesê stukke aan die been en hoenderafval is van die gewildste hoendervleiskategorieë vir laerinkomste-huishoudings. Gegrond op huidige internasionale prysvlakke kan die opheffing van tariewe stukke aan die been in Gauteng 33% goedkoper maak en hoenderafval 18-20%.

Invoertariewe op bevrore stukke aan die been het in Maart 2020 van 37% tot 62% gestyg en borsvleis van 12% tot 42%. In Desember het die regering nuwe tussentydse teenstortingstariewe van tot 265% begin hef op invoer uit Brasilië, Pole, Spanje, Denemarke en Ierland. Dit verval op 14 Junie.

Volgens Matthew verteenwoordig ingevoerde hoendervleis slegs 14,9% van die hoendervleis wat in Suid-Afrika verbruik word, indien meganies ontbeende hoender uitgesluit word. Suid-Afrika produseer laasgenoemde nie self nie en dit word gebruik in verwerkte produkte.

“Die mededinging wat deur ’n klein invoermark verskaf word, het ’n wesenlike uitwerking om die prys van hoendervleis vir verbruikers in toom te hou. Suid-Afrika produseer tans net sowat 80% van die land se totale vraag na hoendervleis en is spesifiek nie in staat om in die vraag na sekere snitte te voorsien nie, soos vlerkies en agterkwarte.”

Matthew het gesê volgens syfers van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het hoenderinvoer, meganies ontbeende vleis uitgesluit, van 2018 tot 2021 met 41% gedaal en van stukke aan die been met 53%.

Mnr. Grant Hendricks, besturende direkteur van Umoya Meat Importers en lid van AMIE se uitvoerende komitee, het gesê hy sien dat sy klante in townships toenemend sukkel om hoendervleis te bekostig en neig om meer verwerkte produkte te koop. Die verwydering van tariewe en BTW op hoendervleis sal volgens hom broodnodige verligting vir verbruikers en plaaslike ondernemings meebring. 

Steun van SAPV

Mnr. Izaak Breitenbach, hoofbestuurder van die braaihoenderorganisasie van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV), het in reaksie op AMIE se oproep vir die verwydering van BTW op hoendervleis gesê die organisasie steun ’n soortgelyke oproep deur die teenstortingsbeweging FairPlay, spesifiek vir dié hoendersnitte wat verbruikers in laerinkomstegroepe koop.

Oor die oproep om alle invoertariewe op te hef, het hy gesê hoendervleispryse het nie weens invoertariewe gestyg nie, maar weens duurder voergrondstowwe. “Laasgenoemde is ’n korttermynprobleem, terwyl die plaaslike braaihoenderbedryf bewys het dat hy op lang termyn goedkoop hoendervleis kan produseer, goedkoper as wat Europese produsente kan.”

Breitenbach het gesê prysstygings in 2021 moet beskou word teen die agtergrond dat pryse in 2020 geval het weens covid-19-verwante inperkings rakende onder meer verkope van wegneembraaihoender.

SAPV-syfers sedert Desember 2015 toon dat hoendervleispryse tot nou met gemiddeld 3,6% per jaar gestyg het. Dit sluit ’n groot sprong in pryse in 2016 in, toe die perk op toevoeging van pekelwater op 15% vasgestel is.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.18
-0.5%
Rand - Pond
22.24
-0.1%
Rand - Euro
19.60
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.2%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Ant
Oopkop en standvastig. Onafhaklikheid belangrik vir my. Doen nie drama nie. Lewe te kort om te mors op dinge en mense wat jou nie gelukkig maak nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot