AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10116
0,00
CORN
20 Mrt
-
4609
0,00
SOYA
20 Mrt
-
9375
0,00
SUNS
20 Mrt
-
10040
0,00
WEAT
20 Mrt
-
6639
0,00
WMAZ
20 Mrt
-
4153
0,00
YMAZ
20 Mrt
-
4201
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Invoerders wil help om hoendervleis te kan uitvoer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Astral
Ter illustrasie. Foto: Astral
Plaaslike hoendervleisprodusente kan ’n groot premie verdien indien hulle borsvleis kan uitvoer.

Die vereniging van vleisinvoerders en -uitvoerders (AMIE) sê hy wil die plaaslike braaihoenderbedryf bystaan om hoendervleis uit te voer.

Mnr. Paul Matthew, uitvoerende hoof van die organisasie, het op ’n webinaar wat AMIE aangebied het, gesê die private sektor moet kyk watter rol hy kan speel om die regering hiermee te help.

Hy het die sitrusbedryf se groot uitvoersuksesverhaal as ’n voorbeeld gebruik en gesê daar is soortgelyke geleenthede vir die hoendervleisbedryf.

Volgens mnr. Donald MacKay, uitvoerende hoof van van XA International Trade Advisors, kan plaaslike produsente ’n groot premie verdien indien hulle borsvleis na die Europese Unie (EU) uitvoer.

Die meeste hoendervleis in plaaslike supermarkte word in 2 kg-sakke met kitsbevrore stukke verkoop. In só ’n sak word borsvleis teen dieselfde prys as byvoorbeeld dyvleis verkoop.

In Checkers kos so ’n sak tans R44/kg. Hierteenoor is die gelande prys vir borsvleis uit Argentinië in die EU R71/kg. Die kleinhandelpryse vir borsvleis in die EU wissel van R84/kg tot R92/kg.

MacKay het gesê plaaslike produsente bou hul groeistrategieë op die vervanging van invoer, maar dat dit nie naastenby soveel ruimte vir groei bied as wat uitvoer kan nie.

Die EU het in die afgelope paar jaar van 900 000 ton tot 1 miljoen ton borsvleis ingevoer. “Dit is waarlik ’n verlore geleentheid vir ons,” het hy gesê. Boonop geniet Suid-Afrika die voordele van vrye handel danksy Suider-Afrika se ekonomiese vennootskapsooreenkoms met die EU.

Enige uitvoer gaan egter daarvan afhang of Suid-Afrika die veeartsenykundige hindernisse kan oorkom.

"Die EU-mark is waarskynlik die moeilikste en tegniesste mark om tot toegang te kry. Wanneer ons dit gekry het, kan ons eintlik na baie ander lande uitvoer omdat ons by verstek aan hul standaarde sal voldoen.”

In gesprekke wat hy met Europese maatskappye gehad het, het hulle werklike belangstelling getoon om Suid-Afrikaanse hoendervleis in te voer.

Dr. Mpho Maja, direkteur van dieregesondheid van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het gesê dit sal vir groter plaaslike produsente makliker wees as vir kleiner produsente om aan die EU se streng vereistes te voldoen.

Sou die grotes uitvoer, sal dit meer plek op plaaslike winkelrakke vir kleiner plaaslike produsente se produkte skep. 

Proses reeds aan die gang

Mnr. Izaak Breitenbach, hoof van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV) se braaihoenderorganisasie, het by navraag gesê die bedryf is reeds besig met die proses om vir die uitvoer van halfgaar en gaar hoendervleis na die EU in aanmerking te kom en hoop om teen einde vanjaar ’n uitvoersertifikaat te hê.

“Ons wil graag na die EU, Brittanje en die Midde-Ooste uitvoer. As ons aan die EU se vereistes voldoen, wat van alle invoerlande die hoogste vereistes stel, behoort ons maklik aan die vereistes van die ander twee bestemmings te voldoen.”

Vier maatskappye wag baie gretig vir die goedkeuring en het in die afgelope twee jaar kookgeriewe by hul aanlegte geïnstalleer, waarmee hulle reeds gaar en halfgaar produkte aan die plaaslike mark verskaf.

Breitenbach sê daar is reeds belangstelling van onder meer Europese kitskosrestaurante om sulke vleis in te voer. 

Residu-vereistes

Suid-Afrika het die vereiste EU-vraelys ingevul wat onder meer ’n gapingsontleding behels rakende die EU se vereistes oor residue in hoendervleis en wat in Suid-Afrika die geval is.

Die EU het die vraelys ook reeds na Suid-Afrika teruggestuur vir verdere inligting, waarmee die SAPV nou besig is.

Die EU-vereistes word vasgestel nadat Suid-Afrika oor sekere verslappings kan onderhandel.

“Die EU kan byvoorbeeld sê daar mag geen residu van swaar metale wees nie,” sê Breitenbach. “Dit kan geld vir alle hoendervleis, of net vir ’n spesifieke maatskappy, wat ’n kompartement genoem word. Ons regering kan byvoorbeeld onderhandel dat net die maatskappye wat wil uitvoer, se hoendervleis nie swaar metale mag bevat nie.”

Die residuvereistes vir die betrokke produsente kan onder meer behels dat hulle sekere antibiotika nie mag gebruik nie, asook sekere vitamiene wat verantwoordelik is vir residue van swaar metale.

Die vereistes sal geld vanaf die teelplase tot by die abattoir en naspeurbaarheid sal nodig wees.

Breitenbach voorsien dat produsente waarskynlik borsvleis na die EU sal uitvoer en ander snitte na ander bestemmings.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.57
-0.3%
Rand - Pond
22.64
+0.4%
Rand - Euro
20.00
-0.8%
Rand - Aus dollar
12.36
+0.6%
Rand - Jen
0.14
+0.4%
Platinum
962.23
-2.2%
Palladium
1,390.47
-1.9%
Goud
1,943.14
-1.8%
Silwer
22.24
-1.4%
Brent-ruolie
73.79
+1.1%
Top-40
68,799
0.0%
Alle aandele
74,271
0.0%
Hulpbronne 10
65,660
0.0%
Industriële 25
99,818
0.0%
Finansiële 15
15,066
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hier om nuwe mense te ontmoed
Ek is vol lewe hoi van uitdaacings jonk van hart en flees Hou van buitelewe visvang lamp Hou van lag en liefde
Kom ons vat 'n Kans
Ek is 'n vriendelike, eerlike en reguit mens. Hou nie van leuns en dinge wegsteek nie. Wat jy sien is wat jy kry. Treat me the way you want to be treated, . better Be Real!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot