Volgens me. Carin Bosman, eienaar van die konsultantegroep Carin Bosman Sustainable Solutions, het miljoene ton slik uit die slikdam gestroom. Sy skat dit sal vyf tot tien jaar duur om die gebied te rehabiliteer.
“Dink net hoe lank gaan dit duur vir een tientonvragmotor of talle tientonvragmotors om tot 10 km ver te moet ry om die slik op die regte plek te gaan stort. Dit is nie ’n vinnige skoonmaakproses nie.”
Sy voeg by dat enige impak op die omgewing uiteindelik ’n impak op die mense en diere het.