Die groot verwarring rondom eienaarskap van die myn by Jagersfontein en wie verantwoordelik gehou moet word vir die afgelope naweek se slikmynramp, is ’n resultaat van die tekort aan deursigtigheid in die mynbedryf.
Dié tragedie het ook duidelik getoon dat belanghebbendes behoorlike toegang moet hê tot inligting rakende mynverwante bedrywighede waardeur hulle geraak word, sê mnr. Paul Miller, uitvoerende hoof van AmaranthCX, wat konsultasiedienste aan die mynbedryf bied.
“Boere as belanghebbendes moet gewapen wees met feite. Een manier is om mynmaatskappye te dwing om inligting ad hoc bekend te maak wanneer hulle lisensies wil bykry of aanpas.”