Die landbousektor moet egter nie vir enige regering wag nie, maar self inspring om ’n sukses te maak.
As jy wil boer, moenie probeer om die grootste boer te wees nie, maar wees eerder ’n goeie boer, sê die landbouleier mnr. Japie Grober. “Ons het ’n groot behoefte aan goeie boere, veral jong boere.”
Dié 70-jarige boer van Viljoenskroon is einde verlede jaar vir sy diens aan die landbou deur Landbouskrywers SA vereer. Grobler sê die landbousektor kan dit nie bekostig om vir politici te wag om Suid-Afrika te red en die vooruitgang en voorspoed van die landbousektor aan te dryf nie.