AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4060
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8135
-88,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
-225,00
WEAT
24 Mrt
-
6430
65,00
WMAZ
24 Mrt
-
3842
55,00
YMAZ
24 Mrt
-
4029
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Jeugskou hoop om Sederberg se talente te ontgin

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Leerders van Augsburg Gimnasium is saam tydens die uitreik na Elizabethfontein om leerders touwys te maak in die kunsies van jeugskou. Foto: Verskaf
Foto: Leerders van Augsburg Gimnasium is saam tydens die uitreik na Elizabethfontein om leerders touwys te maak in die kunsies van jeugskou. Foto: Verskaf
Die WP Jeugskou het onlangs uitgereik na die Primêre Skool Elizabethfontein naby Clanwilliam in die Sederberge om hulle bloot te stel aan die jeugskou, wat dit behels en watter deure dit vir hulle kan oopmaak.

Jeugskou bied nie net die geleentheid vir kinders om hul potensiaal in die landbou te vind nie, maar ook om plattelandse kinders, veral dié van plaaswerkers, se horison te verruim.

Dit is van die redes waarom die WP Jeugskou uitreik na landelike plaasskole om veral die kinders van plaaswerkers aan te moedig om betrokke te raak, sê mnr. Breyton Milford, voorsitter van die Wes-Kaapse Jeugskou.

Sy span by die WP Jeugskou het onlangs uitgereik na die Primêre Skool Elizabethfontein naby Clanwilliam in die Sederberge om hulle bloot te stel aan die jeugskou, wat dit behels en watter deure dit vir hulle kan oopmaak.

“Ons wil graag meer plaasskole betrokke kry. Ons glo plaaskinders het al op ’n manier met diere in aanraking gekom, hulle ken die landbou-omgewing en ons wil dié kinders ontgin.”

Hy sê baie van die kinders het reeds ’n slag met vee, wat beteken hulle het die vaardighede en aanvoeling om met diere te werk. “Daarom is ons klem redelik sterk op die ontwikkeling van kinders van plaaswerkers en om hulle betrokke te kry.”

Mnr. Johan Jordaan, ’n ouer van ’n jeugskoudeelnemer by Augsburg Landbougimnasium, het die afrigting van die dag behartig het, met Milford, mnr. Joubert van der Merwe, ’n onderwyser van Augsburg Gimnasium, en mnr. Barry Lubbe, ’n jeugskoubestuurslid, wat hom bygestaan het. Plaasdiere soos wolskape en Dorpers is saamgeneem om die kinders touwys te maak. Meer ervare leerders van Augsburg Gimnasium is saam om hand by te sit met die onderrig.

Dr. Jas Strauss van die Travellers Rest-vakansieplaas, wat naby die skool woon, het aangebied dat diere van sy plaas gebruik kan word.

Nagenoeg 80 kinders van die plaasskool het die geleentheid bygewoon. Volgens Milford was hulle almal baie gretig en stel hulle baie belang. “Ons hoop ons kan daar weer ’n vlammetjie aan die gang kry.”

Hy sê dit is belangrik dat daar ’n anker by die skool is, soos Strauss, wat die skool kan help en sal help om die jeugskou onder die leerders aan te dryf.

“Daar moet iemand wees wat elke naweek met die kinders moet werk en daar moet diere wees.

“Ons probeer jaarliks om soveel as moontlik uit te reik na veral plaasskole. Die jeugskou het al voorheen onder meer uitgereik na die Primêre Skool Anne Pienaar naby Malmesbury in die Wes-Kaap. Van die leerders het goed presteer op skoue, maar die covid-19-pandemie het die projek in die jongste tyd gekniehalter.”

Breër horison

Milford sê jeugskou bied die geleentheid dat die plaaskinders se horison verruim kan word. Jeugskoudeelnemers moet na ander plekke reis, terwyl baie van die plaaskinders amper net op die plaas of by die skool is, en af en toe dorp toe gaan.

Nou kan hulle plekke soos Heidelberg, Swellendam, Williston of Bloemfontein besoek.

Milford sê WP Jeugskou sal die skool in die toekoms bystaan met vervoer en ander struikelblokke wanneer kinders aan skoue gaan deelneem.

Leerders van Elizabethfontein is ook baie bekend as vlugvoetige rieldansers en hul rieldansgroep, Betjies van Betjiesfontein, is al as nasionale kampioen in die junior afdeling in die ATKV-rieldanskompetisie bekroon.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.20
-0.6%
Rand - Pond
22.23
+0.0%
Rand - Euro
19.56
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.9%
Platinum
971.69
-1.3%
Palladium
1,406.16
-1.2%
Goud
1,994.44
+0.0%
Silwer
23.27
+0.7%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Maatjie vir n praat Jim
Eks eerlik opreg en het baie liefde wat ek kan bied hou van Kamp buielewe en sommer net rustig te verkeer
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot