AFGRI
BEAN
28 Jun
-
9652
181,00
CORN
28 Jun
-
4744,6
72,60
SOYA
28 Jun
-
8890
98,00
SUNS
28 Jun
-
10395
245,00
WEAT
28 Jun
-
7438
92,00
WMAZ
28 Jun
-
4357,4
-22,60
YMAZ
28 Jun
-
4370
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
17 Jun
-
60,81
0,68
Beeste AB2/3
17 Jun
-
57,66
-0,12
Beeste B2/3
17 Jun
-
53,3
0,03
Beeste C2/3
17 Jun
-
46,86
-0,48
Bevrore Hoender
17 Jun
-
31,45
0,54
Bokkies (onder 30 kg)
17 Jun
-
62,89
-5,12
Bokooie
17 Jun
-
49,59
-12,82
Groot (meer as 40 kg)
17 Jun
-
39,71
-6,55
Hoender (IQF)
17 Jun
-
30,12
0,45
Medium (30-40kg)
17 Jun
-
57,81
0,73
Pork Average
17 Jun
-
27,18
0,03
Poultry Average
17 Jun
-
31,15
0,47
Skaap A2/3
17 Jun
-
103,83
-1,38
Skaap AB2/3
17 Jun
-
83,52
-3,96
Skaap B2/3
17 Jun
-
78,12
-3,21
Skaap C2/3
17 Jun
-
74,62
-2,28
Speenkalf
17 Jun
-
36,4
0,23
Spekvarke
17 Jun
-
28
-0,11
Stoorlammers
17 Jun
-
52,94
-0,58
Varkwors
17 Jun
-
22,43
0,09
Vars Hoender
17 Jun
-
31,88
0,43
Vleisvarke
17 Jun
-
27,15
0,08

Jong boere sien geleenthede te midde van onsekerheid

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Mike Burgess
Ter illustrasie. Foto: Mike Burgess
Die jong boere van Suid-Afrika is besig om geleenthede in die chaos van grondhervorming, transformasie en ’n trae ekonomie te vind.

As jong boere vergeet wat hul pa gesê het en ’n optimistiese ingesteldheid het, lê daar enorme geleentheid in die toekoms, meen mnr. Johan Kotze, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Varkprodusenteorganisasie. Hy het op die jaarvergadering van Agri Wes-Kaap se jongboerkomitee, wat op 22 Mei by die Eensgezind naby Kaapstad gehou is, twee paneelbesprekings gelei wat toekomstige landbougeleenthede, asook die rol van die jong boer en geleenthede in grondhervorming en transformasie ondersoek het. 

Kotze het die gesprek geopen deur jong boere te versoek om te luister na wat werklik die behoefte op voetsoolvlak is. “Vergeet wat jou pa jou gesê het van grondhervorming en luister met jou hart. Ons hoef nie te redeneer oor grondhervorming nie – dit gaan gebeur. Ons moet by ’n padkaart uitkom wat ons op ’n pad van groei en vooruitgang sit. Ons moet die musiek hoor tussen al die geraas,” het hy gesê. 

Mnr. Theo Boshoff, hoof van regsintelligensie by die landbousakekamer Agbiz, het gesê genoeg mense het oor die afgelope dekade bewys dat hulle bereid is om hard te werk en te leer. “Grondhervorming gaan vorder danksy mense wat reeds bewys het dat hulle ’n aptyt het om dit suksesvol te doen.” 

Vir mnr. Phillip Oosthuizen, hoof van navorsing en ekonomie by die Sernick-groep, is grondhervorming iets totaal anders as vir die ouer garde. “Ons millenniërs se uitkyk op die landbou en grondhervorming is totaal anders. My generasie soek ’n uitdaging met sosiale betekenis én finansiële voordeel. Dit is presies wat die landbou met al sy politieke en ekonomiese nuanses tans bied. Dit maak my generasie opgewonde, want ons sien die geleentheid om in vennootskappe tussen die private sektor en die regering baie potensiaal te ontsluit.” 

Mnr. JP van den Berg, aartappelmoerkweker van die Noordwes, wat in 2018 as Agri SA en Toyota SA se nasionale Jongboer van die Jaar aangewys is, het gesê: “Ek is ’n kleinboer, maar my ambisie is dat elke aartappel wat in hierdie land geëet word, aan my boerdery verbind kan word.” 

Ten spyte van hierdie ambisieuse uitspraak het Van den Berg nie voeling met die werklikheid en probleme van besigheid verloor nie. “Afrika bied ’n geleentheid vir my, maar ek is nog ver van die plafon van my eie besigheid af. Ek sal ’n fout begaan as ek nou my besigheid aan die onstabiliteit van verdeelde aandag tussen my boerdery in Suid-Afrika en een iewers in die res van Afrika blootstel. Hier in Suid-Afrika is daar nog te veel geleenthede om te ontgin voordat ek daardie stap sal doen.” 

Johann Kotze
1. Mnr. Johann Kotze, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Varkprodusenteorganisasie. Foto: Johan van der Merwe
JP van den Berg,
2. Mnr. JP van den Berg, Agri SA en Toyota SA Jongboer van 2018. Foto: Johan van der Merwe
Cornelis van der Waal,
Mnr. Cornelis van der Waal, hoof van navorsing by Wesgro. Foto: Verskaf
Phillip Oosthuizen,
3. Mnr. Phillip Oosthuizen, hoof van navorsing en ekonomie by die Sernick-groep. Foto: Johan van der Merwe
Theo Boshoff,
Mnr. Theo Boshoff, hoof van regsintelligensie by die landbousakekamer Agbiz. Foto: Verskaf

Gemeenskappe moet baat vind

Die geleenthede ten opsigte van grondhervorming en transformasie verskil vir Oosthuizen en Van den Berg vanweë die grootte van die besighede waarin hulle betrokke is. Van den Berg boer met ongeveer 60 ha aartappelmoere, terwyl die Sernick-groep mik na ’n jaarlikse omset van R1,5 miljard. Die uitgangspunt van albei was egter dieselfde: Jou gemeenskap moet baat vind by wat jy doen as jy volhoubaar die toekoms wil ingaan.

Vir Van den Berg is dit belangrik dat sy mense saam met sy boerdery vooruitgang toon. “Ek kan tegnologie aankoop om my moere sonder enige arbeid te produseer, maar dan sal die gemeenskap waarin ek betrokke is, agteruitgaan en my voortbestaan heel moontlik bedreig,” het hy gesê.

Oosthuizen meen die geleenthede in grondhervorming en transformasie moet gesien word as ’n finansiële geleentheid. “Die Sernick-groep is ’n groot groep waaraan kleiner projekte gekoppel kan word, wat hulle dus ’n groter kans op sukses kan gee. Die ekonomiese rimpel-effek wat ons kan hê, is ’n opwindende geleentheid.” 

Oosthuizen glo suksesvolle nuwe projekte volg ’n een-uit-tienbeginsel. “Ons doen daagliks plaaslik en in die buiteland aansoek om finansiering vir nuwe projekte. Ons is gedurig op soek na geleenthede vir projekte. As die een afgekeur word, is daar nog ’n klomp ander wat iewers iemand se aandag kan trek. As jou eerste aansoek by die regering of ’n ander fonds misluk, herontwerp daardie projek en dien ’n volgende aansoek in.”

Mnr. Cornelis van der Waal, hoof van navorsing by Wesgro, die Wes-Kaapse regering se bemarkingsarm, meen Suid-Afrikaners moet waak daarteen om hulle af te sonder van die res van Afrika. “Afrika is ook ons gemeenskap. Voordat ons die sakegeleenthede raaksien, moet ons eers die verhoudinge bou. Ons het Afrika nodig as ons ons eie ekonomie wil laat groei, want met 58 miljoen mense en ’n jeug-werkloosheidsyfer van meer as 50% in Suid-Afrika, gaan die plaaslike ekonomie nie groot genoeg wees om vir almal werk te skep nie.”

Op ’n glansgeleentheid wat ná die jaarvergadering gehou is, is mnr. Johan van der Schyff, ’n eierboer van Plettenbergbaai, aangewys as Agri Wes-Kaap en Santam Landbou se Wes-Kaapse Jongboer van die Jaar vir 2019.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.09
-1.4%
Rand - Pond
19.60
-0.7%
Rand - Euro
16.93
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.12
-1.3%
Rand - Jen
0.12
-0.9%
Goud
1,819.88
-0.2%
Silwer
20.81
-1.7%
Palladium
1,874.89
+0.1%
Platinum
913.50
+0.2%
Brent-ruolie
115.09
+1.7%
Top-40
61,789
+0.4%
Alle aandele
68,058
+0.3%
Hulpbronne 10
66,069
+0.9%
Industriële 25
80,452
+0.3%
Finansiële 15
15,394
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Canada farmer
Beste place to be is on the farm Enjoy outdoor Enjoy water sports I'm trying to be good to all people Everyone deserve the best
Ek is oulik en kom goed oor die weg met almal!
Ek is super fun en n groot grapgat, Ek kan lekker geselskap wees en ook "fun".Vat n kans en kyk!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot