AFGRI
BEAN
06 Jun
-
9643
0,00
CORN
06 Jun
-
4627
0,00
SOYA
06 Jun
-
7760
0,00
SUNS
06 Jun
-
8228
0,00
WEAT
06 Jun
-
6630
0,00
WMAZ
06 Jun
-
3704
0,00
YMAZ
06 Jun
-
3816
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Jou handleiding oor grondbesetting hier

Afriforum en AfriSake het tydens ‘n geleentheid in Pretoria ’n handleiding vrygestel om grondbesetting te verhoed.

Moenie net op die staat staatmaak om jou eiendom te beskerm nie. Dít was die boodskap van Afriforum en AfriSake tydens ’n geleentheid in Pretoria, waar die burgerregte-organisasie ’n handleiding oor grondbesetting vrygestel het.

Die handleiding beskryf ’n aantal proaktiewe maniere vir grondeienaars om hul eiendom te beskerm. Dit sluit paraatheid, buurtwagte, toesighouding, besetting en toegansbeheer in. Die handleiding bespreek ook die wettige verwydering van onwettige strukture.

Mnr. Ernst Roets, onderhoofbestuurder van Afriforum, het gesê die huidige politieke klimaat, tesame met polariserende uitsprake deur politieke partye en individue, het die burgerregte-organisasie genoop om die handleiding te versprei. “Daar is ’n duidelike militante ondertoon aan uitsprake deur die Regering rakende die benadering wat tot die grondkwessie gevolg gaan word. Dit het ’n rasse- en emosionele kleur aan die situasie verleen en die korrekte statistiek rakende grondbesit word nie gegee nie. Dit lei daartoe dat valshede nou as die waarheid gesien word,” het Roets gesê.

Hy het daarop gewys dat verstedelikingstendense daarop dui dat die meeste Suid-Afrikaners nie daarin belangstel om op die platteland te woon nie. “ ’n Studie deur die Instituut vir Rasseverhoudinge verlede jaar het daarop gewys dat slegs 1% van sy respondente in ’n peiling gevoel het dat grondhervorming Suid-Afrikaanse omstandighede sal verbeter. Dit is dus duidelik dat die oorgrote meerderheid van Suid-Afrikaners nie die glo dat die grondkwessie so belangrik is as wat die Regering dit wil uitmaak nie,” het hy gesê.

Riglyne om grondbesetting te voorkom

Dit is makliker en goedkoper om grondbesetting te voorkom as om in uitgerekte regsgedinge vir uitsettings betrokke te raak. Die blitsgids het ’n aantal riglyne saamgestel om boere van nut te wees:

1. Raak by jou plaaslike AfriForum-struktuur en/of veiligheidsmaatskappy betrokke.

2. Wees paraat en bewus van alles wat op jou grond aangaan.

3. Patrolleer die area en versoek die buurtwag of veiligheidsmaatskappy om vir nuwe of vreemde strukture uit te kyk.

4. Indien daar wel werkers of besetters op jou grond woon, bekom soveel inligting as moontlik oor hulle (byvoorbeeld naamlyste en ID-afskrifte) sodat persone wat nie daar hoort nie maklik uitkenbaar is.

5. Pas streng toegangsbeheer toe. Moenie toelaat dat vreemdelinge jou grond as ’n deurpad gebruik nie.

6. Dit is belangrik om ’n goeie verhouding met die plaaslike polisie te bou, en skakel ook by jou plaaslike buurtwagstruktuur of gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in.

7. Indien jy tydelik nie op die grond kan wees nie, reël alternatiewe toesig deur byvoorbeeld jou buurtwag of veiligheidsmaatskappy. Moenie verkondig dat jy vir ’n bepaalde tyd uitstedig gaan wees nie.

8. Rekordhouding en die neem van foto’s van onbekende persone en voertuie in die omgewing is belangrik. Meld ook die datum, tyd en plek aan waar die persone of voertuie opgemerk is. Stel jou plaaslike buurtwag of veiligheidsmaatskappy in kennis.

9. Dien klagtes ingevolge die Wet op Betreding, 1959 (Wetno. 6 van 1959) by die polisie in teen alle onregmatige betreders.

10. Maak seker dat jy ’n bewys van ontvangs met die beampte se rang, naam, van en magsnommer kry wanneer jy die verklaring indien.

11. Maak seker jy is betrokke by plaaslike veiligheidstrukture, ongeag die organisasie.

Eiendomsreg beskerm

Mnr. Ian Cameron, Afriforum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het gesê grondeienaars moet hulle eiendom beskerm deur regsaksies in te stel waar grond beset word, en veral deur proaktief op te tree om besetting te verhoed.

“Hoewel die staat kan deur regsoptrede tot verantwoording geroep kan word, moet gemeenskappe ook self hul eiendom met plaaslike veiligheidsinisiatiewe soos buurt- en plaaswagstelsels beskerm.

“Wanneer strukture onwettig opgerig word en besetters onversteurde verblyf geniet, moet ’n siviele saak teen dié persone gemaak word. Waar besetters kennis dra dat hulle onwettig grond betree, kan strukture afgebreek word, mits daar ‘n betredingsaak by die polisie aanhangig gemaak is. Die polisie moet te alle tye ooreenkomstig die betredingswet optree,” het Cameron gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.20
+0.4%
Rand - Pond
23.85
+0.5%
Rand - Euro
20.56
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.79
-0.3%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Platinum
1,026.17
+2.1%
Palladium
1,405.55
-0.1%
Goud
1,959.04
-0.1%
Silwer
23.49
-0.3%
Brent-ruolie
76.71
+0.8%
Top-40
71,112
-0.4%
Alle aandele
76,288
-0.4%
Hulpbronne 10
68,854
-0.7%
Industriële 25
103,314
-0.5%
Finansiële 15
14,994
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Life is exciting when you meet the right person
I am a down to earth person outgoing people's person love braai outdoors and also like to be at home watching movies and listening to music ek geniet my werk is n hard...
Op soek na goeie opregte friendskap
Omdat ek n opregte ware vriend is ek is n baie sagte mens en vol liefde ek hou daar van om uit my pad te gaan vir my vriende
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot