AFGRI
BEAN
05 Des
-
9237
0,00
CORN
05 Des
-
4511
0,00
SOYA
05 Des
-
10500
0,00
SUNS
05 Des
-
10920
0,00
WEAT
05 Des
-
6716
0,00
WMAZ
05 Des
-
5064
0,00
YMAZ
05 Des
-
4900
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

‘Julie-onluste kan hulself herhaal’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Lucille Botha
Foto: Lucille Botha
Die onluste van Julie verlede jaar kan weer gesien word weens die enorme styging in kospryse.

Volgens mnr. Wandile Sihlobo, hoofekonoom by Agbiz, is ’n styging van 6,2% in voedselpryse vanjaar moontlik. Dit volg op ’n styging van 6,5% verlede jaar.

Prof. William Gumede, politieke ontleder van die Universiteit van Witwatersrand se skool vir regeerkunde, meen kostestygings soos hierdie het ’n disproporsionele invloed op die armes, asook die politiek in die land.

“Die tipe impak wat ons in Julie verlede jaar weens die covid-19- finansiële krisis gesien het, is wat ons vorentoe kan sien gebeur namate die ekonomie wurg en dinge moeilik raak,” het hy op Hortgro se tegniese simposium op Somerset-Wes gesê.

Gumede het gesê in Afrika is staatsgrepe, burgeroorloë en die opkoms van godsdienstige fundamentalisme dikwels die gevolg wanneer kospryse bo ’n sekere vlak styg.

“As mense honger is, sal hulle waarskynlik nie vir die politieke party stem wat hulle voorheen ondersteun het nie. Ons kan ook verwag om in die nabye toekoms ’n toename in die migrasie na Suid-Afrika te sien weens hoër kospryse in Afrikalande.”

Hoewel Suid-Afrika tans genoeg voedsel in voorraad het, ten spyte van swaar reën en kleiner oeste, verwag Sihlobo dat die landbou met 3-5% traer sal groei.

“Dit is nie omdat die bedryf in ’n swak toestand is nie, maar omdat die landbou verlede jaar met meer as 8% gegroei het. Die daling in die mielie-oes van meer as 16 miljoen ton tot 14,7 miljoen ton is wat ons gaan vertraag, sowel as die veebedryf, wat weens siektes uitgesluit word uit die handel in ’n jaar dat produksiekoste die hoogste in die geskiedenis is. Daar was ook groot verliese in die suikerbedryf.”

Wat die koste van voedsel die hoogte laat inskiet, is Suid-Afrika se blootstelling aan ingevoerde rys, pluimveeprodukte en palmolie. Baie daarvan is blootgestel aan die konflik in Oekraïne.

Hy het gesê die styging in kospryse is “op gemaklike vlakke” as dit met die res van Afrika vergelyk word, waar dubbelsyfergroei aan die orde van die dag is. Tydens die droogte het kospryse met 10,5% geklim.

Sihlobo het gesê die ekonomie sal na verwagting “vir ’n hele tyd” met minder as 2% groei.

“Tydens die covid-19-pandemie het 1,4 miljoen mense hul werk verloor. Om dié werkgeleenthede terug te wen, moet die ekonomie teen 20% tot 25% groei.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.42
+0.2%
Rand - Pond
21.26
+0.1%
Rand - Euro
18.29
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.74
-0.4%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,773.18
+0.3%
Silwer
22.38
+0.6%
Palladium
1,887.57
+0.5%
Platinum
1,005.00
+0.5%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,543
0.0%
Alle aandele
74,693
0.0%
Hulpbronne 10
74,781
0.0%
Industriële 25
91,501
0.0%
Finansiële 15
15,595
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot