AFGRI
BEAN
30 Me
-
8670,4
45,40
CORN
30 Me
-
4373
78,00
SOYA
30 Me
-
7805
-10,00
SUNS
30 Me
-
8250
-77,00
WEAT
30 Me
-
6659
50,00
WMAZ
30 Me
-
3719,2
53,20
YMAZ
30 Me
-
3810
45,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

JZ en duidelike planne vir grond? Aikona

“Radikale transformasie” is op pres. Jacob Zuma se lippe, maar die Regering ignoreer al vier jaar lank die PALS-grondprojekte op 30 000 ha in die Witzenberg.

“Radikale ekonomiese transformasie” was net ’n vae tema in pres. Jacob Zuma se staatsrede, maar die duidelike en meetbare planne ontbreek steeds om die probleme rondom grondhervorming en landelike transformasie op te los.

Só het mnr. Lennox Plaatjies, hoof-uitvoerende beampte van die Witzenberg PALS-projek op Ceres, in ’n verklaring gesê nadat Zuma in sy staatsrede aangekondig het ’n nuwe hoofstuk van radikale ekonomiese transformasie skop op 9 Februarie af.

Lennox meen hul PALS-raamwerk is ’n “radikale vertrekpunt van vorige (gebrekkige) grondhervormingsmodelle” en ’n daadwerklike plan om grondhervormingsdoelwitte te bereik – al wil die Regering dit ná vier jaar steeds nie amptelik erken nie.

PALS se 100 projekte

PALS het tans 100 geregistreerde projekte, waarvan 60 grondhervormingsprojekte is, 20 in die waardeketting is, ses met behuising te make het en drie opleidingsprojekte is.

“Die individiuele grondhervormingsprojekte dek ’n geskatte area van 30 000 ha, waarvan sowat 5000 tot 6000 ha hoë waarde besproeiingsgrond is. Dit verteenwoordig meer as 20% van die besproeiingsgrond in die Witzenberg-area.”

Zuma het in sy staatsrede gesê die tyd vir praat is verby. Volgens hom kon die Regering tot dusver net sowat 8 miljoen hektaar bewerkbare grond, minder as 10% van die bewerkbare grond in die land, aan swart mense oordra. Die aantal huishoudings wat by die landbou betrokke is, het vanaf 2011 tot verlede jaar met 19% gedaal.

Nog nie erkenning of reaksie van Regering

Lennox sê hul inisiatief het nog nie formele erkenning of reaksie van die Regering gekry nie, ten spyte van talle aanbiedings en voorleggings aan verskeie regeringsdepartemende oor die afgelope drie tot vier jaar.

“Die PALS-produsente en hul opkomende swart boere-vennote beur intussen voort met die implementering van hul projekte.”

Hy glo die inisiatief kan baie meer in ’n baie korter tyd bereik as die Regering bereid is om in vennootskap met dié sektorgedrewe private inisiatief te werk. “Ons wil deel wees van die oplossing, nie die probleem nie.”

Ekonomiese bemagtiging

Die PALS-raamwerk is ’n grondhervormingsinisiatief wat kommersiële boere saam met opkomende swart boere, die plaaslike regering en plaaslike gemeenskappe op Ceres in 2014 van stapel gestuur het. Die belangrikste oogmerk is om ’n omgewing te skep waarbinne innoverende grondhervormingsprojekte en ekonomiese bemagtiging kan plaasvind, in ooreenstemming met die Nasionale Ontwikkelingsplan.

“Private kommersiële boere skenk grond en staan by met hulpbronne soos finansiering, mentorskap, kundigheid en opleiding om opkomende swart boere suksesvolle kommersiële boere te maak.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.69
-0.1%
Rand - Pond
24.43
-0.5%
Rand - Euro
21.13
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.83
+0.2%
Rand - Jen
0.14
-0.5%
Platinum
1,019.81
-1.0%
Palladium
1,407.08
-1.6%
Goud
1,959.19
+0.8%
Silwer
23.19
+0.1%
Brent-ruolie
77.07
+0.2%
Top-40
70,921
-0.7%
Alle aandele
75,940
-0.9%
Hulpbronne 10
67,062
-1.3%
Industriële 25
105,731
-0.5%
Finansiële 15
14,358
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie geselskap en baie kalm en saggeaard
Saggeaarde eerlike en opregte mens wat ander met respek hanteer. Baie beskermend teenoor n vrou en sal nooit kras praat of optree nie.
Plat op die aarde kom oor die wet almal
Ek is een van daai mense wat die pad sal loop saam mense wat die pad saam my sal loop
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot