AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Kaapse plaaskinders verteenwoordig SA in sport

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Anja Joubert (op perd) neem aan die einde van die maand in Amerika aan die wêreldbekerkompetisie in ruiterkuns deel. Saam met haar, van links, is haar ma, Rika, suster, Korine, en pa, Johannes. Foto: Denielle Dercksen
Anja Joubert (op perd) neem aan die einde van die maand in Amerika aan die wêreldbekerkompetisie in ruiterkuns deel. Saam met haar, van links, is haar ma, Rika, suster, Korine, en pa, Johannes. Foto: Denielle Dercksen
Twee plaaskinders van die Wes-Kaap wat deesdae aan die Universiteit Stellenbosch studeer, neem eersdaags aan internasionale sportbyeenkomste deel.

Anja Joubert van Riversdal neem aan die “saddle seat”-ruiterkuns-wêreldbeker in Amerika deel en Louw Nel van Nieuwoudtville was in die junior springbokspan wat Wallis op 12 Julie met 47-27 in die eindstryd van die o.20 Ses Nasies-somerreeks geklop het. Nel, die agtsteman, was een van die driedrukkers. die wedstryd wat in Treviso, Italië, gespeel is.

Ruiterkuns

Joubert is lid van die Protea-ruiterkunsspan wat van 25 tot 30 Julie aan die wêreldbekerkompetisie in Harrodsburg in die Amerikaanse deelstaat Kentucky gaan deelneem. Spanne van Suid-Afrika, Amerika, Namibië en Kanada neem deel. Sy en haar ma, Rika, is reeds in Amerika. Haar pa, Johannes, ’n graan-en-skaapboer, en haar suster, Korine, hou die fort op Riversdal.

Rika sê “saddle seat” is ’n vorm van ruiterkuns waarin ruiters in die gewone klas ry van stap, draf en galop na albei rigtings beoordeel word. “Daarna doen elke ruiter en perd ’n toets wat vooraf aan die ruiter gegee word. Dit behels dan allerhande verskillende bewegings wat die ruiter en perd moet uitvoer, waar elke beweging wat die ruiter moet uitvoer ’n punt uit 10 kry.

“Ruiters word beoordeel op styl, horsemanship (dis basies oor hoe goed die ruiter die perd hanteer) en algemene indruk.”

Ruiters kan nie hul perde saamneem nie. Rika sê elke ruiter trek ’n perd uit ’n groep perde wat vir die kompetisie beskikbaar gestel word.

Anja is vroeër vanjaar op die Bloemskou as die driegangkampioen van kampioene op die perd Trujo Exclusive O’Lee (Ollie) aangewys. Sy is ’n BRek-student aan die US en word deur mnr. Adriaan Odendaal by die De Bosch-stal afgerig. 

Rugby

Louw se pa, mnr. Tobie Nel, wat met rooibos, lusern, skape en pekanneute by Nieuwoudtville en Hopefield boer, sê Louw speel vir die Stormers en het op skool vir die WP gespeel. Hy is ’n tweedejaarstudent in BComm (landboubestuur) en het reeds in sy eerste jaar vir Maties se eerste span en die WP o.21-span uitgedraf.
louw nel
Louw Nel. Foto: Verskaf deur mnr. Tobie Nel
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek weet wat ek uit die lewe wil he
Om my te leer ken vat soms langer omdat ek n redelike groot introvert is. Ek is n stil mens, maar saam met die regte persoon kan ek ure lank n intelligente gesprek voer. Ek is...
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot