
Met die toegewing dat restaurante kos mag aflewer, het me. Lizanne Liebenberg (foto) en me. Rinandia Schoeman, die eienaars van dié gewilde eetplek, weer begin om elke dag vars brode en ander gebak by hul klante af te lewer.
Hierdie week moes die restaurant se koffietafels egter plek maak vir allerlei vars produkte, van eiervrugte en yslike rape tot nartjies en avokado’s uit plaaslike boere se boorde. “Ons doen alles wat ons kan om die pot aan die kook te hou,” sê Lizanne. “Ons het eers net basiese groente en vrugte in Polokwane aangekoop, maar is sedertdien oorval deur plaaslike boere wat nou daagliks produkte hier kom aflaai.”
Lizanne sê die gemeenskap ondersteun die groenteverkope verbasend goed. “Die groente is kraakvars. Mense koop byvoorbeeld vandag murgpampoentjies wat vanoggend geoes is en ek dink almal hou daarvan om te weet hulle ondersteun plaaslike boere.”
Landbouweekblad is steeds beskikbaar op winkelrakke, terwyl sake by https://t.co/J5CsarOmv3 en @landbouweekliks vlot verloop. Lees hier wat jou te doen staan indien jy sukkel om die tydskrif in die hande te kry én hoe jy digitaal kan lees. https://t.co/Ug6tJEMNfl
— landbou.com (@landbou) May 12, 2020