AFGRI
BEAN
08 Aug
-
8940
0,00
CORN
08 Aug
-
3920
0,00
SOYA
08 Aug
-
8653
0,00
SUNS
08 Aug
-
10306
0,00
WEAT
08 Aug
-
7140
0,00
WMAZ
08 Aug
-
4195
0,00
YMAZ
08 Aug
-
4176
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Kabinet skiet grondvoorstelle af wat deur landbou gesteun word

akkreditasie
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Van die voorstelle in die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming se verslag wat deur die georganiseerde landbou in die breë ondersteun is, is juis van dié wat die kabinet verwerp het.

Dit sluit onder meer in die skep van ’n grondhervormingsfonds, ’n grondhervormingsagentskap en ’n beskermer van grondregte.

Me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het op ’n nuuskonferensie in Pretoria die sluier gelig oor die voorstelle wat die kabinet nie steun nie en die redes daarvoor. Dit volg nadat mnr. Jackson Mthembu, minister in die presidensie, vroeër gesê het die kabinet het 9 verwerp, 60 aanvaar en kennis geneem van 3 ander, sonder om nader besonderhede te verstrek.

Didiza het gesê die voorstel van ’n grondhervormingsfonds is verwerp omdat die begroting vir grondhervorming voldoende is indien dit optimaal benut word. Die gedagte van ’n hervormingsagentskap tussen die staat en die private sektor is verwerp omdat die regering glo met die samevoeging van die departemente van landbou en grondhervorming is daar voldoende kapasiteit om op te maak vir die kwellings wat voorheen bestaan het.

Oor die skepping van ’n ombudsman vir grondregte glo die kabinet dat die uitgebreide magte vir die grondeisehof, wat die paneel ook voorgestel het, juis voorsiening sal maak vir beskerming.

Die kabinet steun ook nie die gedagte van die skep van ’n eenvormige visie oor landbouhervorming nie omdat hy die witskrif oor grondbeleid van 1997 steeds as voldoende beskou.

Oor voorstelle om stedelike grond beskikbaar te stel vir hervorming en bekostigbare behuising steun die regering die aanbevelings in die breë, maar nie die meganismes vir toepassing wat voorgestel is nie.

Die paneel se versoek dat die waardeerder-generaal se funksies hersien word om seker te maak dit strook met wetgewing om te verseker dat vergoeding by onteiening vir doeleindes van grondhervorming billik en regverdig is, is ook afgeskiet. Didiza sê die regering glo dit dit is juis die status quo en dat die waardeerder-generaal se funksies in pas is met wetgewing oor eiendomswaardasies.

Die moontlike oordrag van die verantwoordelikheid vir grondhervorming na die presidensie, soos deur die paneel versoek, is ondervang deur die samevoeging van die departement van landbou en grondhervorming.

Ander strukture wat deur die paneel voorgestel is en wat verwerp is, is 'n verenigde grondadministrasie-stelsel en ’n gesagsliggaam om staatsgrond proaktief te bestuur. Eersgenoemde is verwerp omdat die regering glo die bestaande witskrif is voldoende en die gesagsliggaam is verwerp omdat dit ’n taak is vir die interministeriële komitee oor grond en landbou.

Oor die moontlikheid van ’n ondersoek na meer grondbelasting was die regering van mening dat dit reeds gedoen is met die instelling van eiendomsbelasting en kapitaalwinsbelasting.

Didiza het gesê in die kabinet se bespreking van die verslag is kennis geneem van aanbevelings waaraan verder gewerk sal moet word. Daar moet byvoorbeeld ’n grondige ondersoek na die toepassing van grondplafonne gedoen word omdat geografiese dele van die land so baie verskil van mekaar.

Op ’n vraag of die voorstelle in die aparte verslag van mnre. Dan Kriek en Nick Serfontein ook deur die kabinet oorweeg is, het sy instemmend geantwoord. “Omdat hul voorstelle in hoofsaak handel oor onteiening sonder vergoeding en veranderinge aan artikel 25 van die Grondwet, beskou ons dit as werk wat nog nie afgehandel is nie.”

Die aanbevelings van die paneel wat wel aanvaar is, sal nou in die aksieplanne van die onderskeie departmente opgeneem word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.60
-0.1%
Rand - Pond
20.05
-0.1%
Rand - Euro
16.96
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.55
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,790.07
-0.2%
Silwer
20.43
-0.5%
Palladium
2,213.99
-0.4%
Platinum
930.91
-0.7%
Brent-ruolie
96.31
-0.4%
Top-40
63,771
0.0%
Alle aandele
70,266
0.0%
Hulpbronne 10
65,045
0.0%
Industriële 25
85,829
0.0%
Finansiële 15
15,741
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my Bokkie Kom huis toe
Ek is eerlik haat ñ geliegery is opreg what you see is what you get plus more, try me you wish you met me sooner
Kom ons kyk...
Ek soek iemand eerlik. Opreg. Hardwerkend. Geen kans vaters nie. Moet nie my tyd mors nie. Ek hou van lag en gesels, opsoek na my lewensmaat. Die lewe is te kort ons moet...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot