AFGRI
BEAN
01 Jan
-
0
0,00
CORN
01 Jan
-
0
0,00
SOYA
01 Jan
-
0
0,00
SUNS
01 Jan
-
0
0,00
WEAT
01 Jan
-
0
0,00
WMAZ
01 Jan
-
0
0,00
YMAZ
01 Jan
-
0
0,00
Deel

Kalahari-springbokke woeker by veiling

Kalahari-springbokke het die kollig by die Summit-wildveiling gesteel.

Uitstaande pryse is tydens die Summit-wildveiling op Graaff-Reinet vir Kalahari-springbokke betaal. Die prys van ooie het tussen R30 000 en R58 000 stuk gewissel terwyl ramme teen tussen R120 000 en R360 000 van die hand gesit het. ’n Koffie-springbokram is teen R400 000 verkoop. (Die pryse sluit nie BTW in nie)

Volgens mnr. Hennie Barnard van Skietfontein, Aberdeen, en stigterlid van Summit Wildlife wat uit sewe telers bestaan, het die totale omset van die veiling sowat R15,2 miljoen beloop vir die 97 lotte wat aangebied is. Net vier lotte is nie verkoop nie.

Ander goeie pryse wat betaal is was R415 000 vir ’n Bastergemsbok-koei, R115 000 vir ’n jong koedoebul en R60 000 vir koedoekoeie. ’n Gemsbokbul is teen R200 000 en gemsbokooie teen R65 000 verkoop. ’n Bontebokram het R210 000 behaal en bontebokooie tussen R90 000 en R110 000 stuk.

Nog ’n rekordprys was R65 000 vir ’n bergsebra. Klipspringers is vir R28 000 elk verkoop en Swartwitpenskoeie teen tot R280 000 stuk. Die hoogste prys vir ’n jong buffelbul was R975 000.

Buffels

Twee dragtige buffelverse van die bekende teler, dr. Johann Rupert (hulle is dogters van die buffelbul, Derdemag en dragtig van Grootbaas, een van die grootste buffelbulle in die land met ’n 53”-horingspan) is teen R1,2 miljoen onverkoop verklaar. Die twee verse is egter na afloop van die veiling teen dieselfde prys aan die Glenn Harry-natuurreservaat by Graaff-Reinet verkoop.

Volgens Barnard het sowat 1 000 belangstellendes die veiling bygewoon, wat saam met die Karoo Lus-fees saamgeval het. Altesaam 277 kopers het vir die veiling geregistreer, waarvan 15 oor die telefoon gebie het.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.83
-0.2%
Rand - Pond
22.10
-0.1%
Rand - Euro
19.44
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.98
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
985.50
+1.8%
Palladium
1,457.39
+0.6%
Goud
1,981.00
+0.0%
Silwer
23.88
-0.1%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
71,089
0.0%
Alle aandele
76,705
0.0%
Hulpbronne 10
67,517
0.0%
Industriële 25
103,222
0.0%
Finansiële 15
15,634
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot