AFGRI
BEAN
02 Jun
-
9580
0,00
CORN
02 Jun
-
4677
0,00
SOYA
02 Jun
-
7767
0,00
SUNS
02 Jun
-
8137
0,00
WEAT
02 Jun
-
6670
0,00
WMAZ
02 Jun
-
3681
0,00
YMAZ
02 Jun
-
3802
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Kan Australië se swaar reënval in SA voorkom?

akkreditasie
'n Plaas is onder water by Townsville in Australië. Foto: Videogreep
'n Plaas is onder water by Townsville in Australië. Foto: Videogreep
Meer as 1 400 mm reën het sedert begin Februarie oor die noordoostelike dele van onder meer Queensland en Townsville in Australië voorgekom.

Luidens berigte deur 7 News in Australië het die gebied die afgelope sewe jaar onder erge droogtetoestande deurgeloop. Na raming het boere sowat 500 000 stuks vee verloor. Dié droogte is gebreek toe soveel reën as wat normaalweg in drie jaar voorkom binne dae in die omgewing geval het. Die oorstromings wat daarop gevolg het, word deur boere in dié land as erger as die oorstromings van 1974 beskryf, terwyl ander dit as die ergste nog in Australië beskryf. Sowat 20 miljoen ha is glo oorstroom. Talle noodlenigingsoperasies is aan die gang om voer by boere te probeer kry om hulle te help om hul vee – wat reeds weens die droogte swak is – aan die lewe te hou.

Wêreldwyd kom uitermatige weertoestande voor met droogtes in Brasilië en oorstromings in Argentinië, Uruguay en Paraguay, terwyl uiterste koue oor dele van Noord-Amerika en Europa voorkom, sê mnr. Johan van den Berg, klimatoloog by Santam Landbou.

Hy sê dit is moontlik dat die droogtetoestande wat in Suid-Afrika voorkom, opgevolg kan word deur swaar reën en oorstromings soos wat tans in Australië voorkom. “Daar is dikwels ’n groot ooreenkoms tussen klimaatstoestande in Suid-Afrika en Australië, omdat albei omtrent op dieselfde breedtegrade lê en dieselfde beïnvloed word deur El Niño- of La Niña-stelsels en die Indiese Oseaan.

Ooreenkomste

“In 1974 en in 2011 het kwaai vloede in veral Queensland voorgekom. Suid-Afrika het ook oorstromings ervaar. Droogtes soos dié van 1958 tot 1968, van 1982-’83, van 1991 tot 1995, van 2000 tot 2007 (wat as die ‘milleniumdroogte’ in Australië bekend staan) en van 2013 tot 2019 is in Australië en Suider-Afrika ervaar.”

Volgens Van den Berg is swaar reën en oorstromings oor dele van Suid-Afrika moontlik. “ ’n Klassieke voorbeeld is die 1987-’88-seisoen wat gekenmerk is deur ’n El Nino-verskynsel en oorstromings wat in een seisoen voorgekom het. Soortgelyk aan dié seisoen het hittegolftoestande vir lang tydperke in Desember 1987 en Januarie 1988 voorgekom het, wat veroorsaak het dat die aarde se oppervlak baie verwarm het. Dit het deels bygedra dat sterk lokale en intense laagdrukstelsels of afsnylaagdrukstelsels ontwikkel het, wat baie reën kan veroorsaak.”

In dele van Suid-Afrika kom baie reën en hael voor, soortgelyk aan die oorstromings wat oor kleiner gebiede in Queensland voorgekom het, sê Van den Berg.

Enigiets is moontlik

Baie warm toestande en hitte-energie is dikwels die oorsaak van stormagtige weer. Dit kan in sekere gebiede verantwoordelik wees vir droogtetoestande, omdat meer lokale tipe stormaktiwiteit voorkom, wat droogtes kan veroorsaak nie ver van waar oorstromings voorkom nie, verduidelik Van den Berg. “Dus is enigiets moontlik vanjaar. Daar moet onthou word die hoogtepunt van die reënseisoen gewoonlik eers in Februarie en Maart oor die sentrale tot westelike dele van die land bereik word.”

Baie goeie neerslae het sedert verlede week oor groot gedeeltes van Suid-Afrika voorgekom. Dit het veral oor die baie droë Suid- en Wes-Vrystaat, groot gedeeltes van die Oos-Kaap en suidelike gedeeltes van die Noord-Kaap gereën. Goeie neerslae het ook in groter kolle in Namibië voorgekom.

reën,
Sowat 10mm het Maandag by die Bhejane Natuurreservaat by Willowmore geval. Foto: Philip en Adriana Theunissen

Volgens Van den Berg kom droogtetoestande steeds voor oor ’n gedeelte van die Sentraal-Vrystaat rondom Wesselsbron, gedeeltes van Bothaville, Kroonstad, Senekal, Arlington en kolle in aangrensende distrikte. “Droogteskade kom voor op die aanplantings van veral die laat aangeplante mielies en sonneblom.”

Wat reënvaltoestande in die komende weke betref, sê Van den Berg op kort termyn bly vooruitsigte onseker, hoewel dit voorkom asof nog reën in Februarie kan voorkom.

Hy sê hoewel swaar reën kol-kol kan voorkom, is die droogte nie gebreek nie en baie opvolgreën is nodig. “Die meeste langtermynvoorspellings gee steeds vooruitskouings van gemiddelde tot ondergemiddelde reënval. Die reën wat nou geval het, moet baie goed benut en bestuur word om voorsiening te maak vir droër toestande voor die winter.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.51
+0.6%
Rand - Pond
24.29
+0.0%
Rand - Euro
20.93
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.92
-0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
1,003.50
-1.2%
Palladium
1,420.36
+1.5%
Goud
1,948.15
0.0%
Silwer
23.63
0.0%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.7%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrede kommunikeerder, humor.
Mens mens, wat goed kommunikeer, dit beteken ek luister na wat gese word. Baie goeie humorsin. Inteligente praktiese lief vir die lewe mens.
Kom ons klim die eerste trappie...
'n Dame met 'n goeie sin vir humor, hard werkend, vrede liewend want hou van goeie geselskap. Iemand met 'n lus vir die lewe, 'n groot hart en ek ken my...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot