AFGRI
BEAN
28 Mrt
-
9704,8
87,80
CORN
28 Mrt
-
4540,4
45,40
SOYA
28 Mrt
-
8240
100,00
SUNS
28 Mrt
-
8710
57,00
WEAT
28 Mrt
-
6743
201,00
WMAZ
28 Mrt
-
3877
-11,00
YMAZ
28 Mrt
-
4082,40
12,40
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Kanonkop se R1100-wyn kry gou huis

Slegs ses dae nadat Kanonkop sy Black Label Pinotage 2008 bekend gestel  het, is hierdie wyn – met ’n prys van R1 100 per bottel –  byna uitverkoop.

Slegs ses dae nadat Kanonkop sy Black Label Pinotage 2008 bekend gestel  het, is hierdie wyn – met ’n prys van R1 100 per bottel –  byna uitverkoop.


Mnr. Johann Krige, mede-eienaar van Kanonkop naby Stellenbosch, het aan Landbou.com gesê daar is nog sowat 20 bottels wat eienaar soek, maar dit behoort môre-oggend verkoop te wees.


In die verlede het hy 1 000 bottels van die Black Label bemark, maar vanjaar was sy aanbod effens hoër met 1 200 bottels.


“Dit gaan oor goeie waarde. Die ou wat so ’n bottel koop, weet wat hy gaan kry. Dit is nie ’n skoot in die donker nie.”


Krige sê hy vra nie ’n buitensporige prys nie; hy glo werklik dit is wat die wyn werd is. Die wyn word van ’n wingerd gemaak wat al in 1953 op die plaas geplant is. Behalwe dat hy die “allerbeste Kanonkop-wyn” van die druiwe wou maak, is dit ook deel van Krige se visie om ’n beleggersmark vir Suid-Afrikaanse wyne op die been te bring.


“Dit sal arrogant wees om te raai wat die wyn oor ’n paar jaar werd gaan wees. Die vorige oesjare se waarde het binne twee jaar met sowat 50% vermeerder. Wyn is egter ’n langtermynbelegging. Jy moet dit minstens vyf, ses of sewe jaar wegsit voor jy dit oorweeg om te herverkoop.”


Volgens me. Carol Roux, verkoopsbestuurder by die Wade Bales-wynvereniging  (een van die drie afsetpunte vir die wyn), is hul besending binne twee dae uitverkoop.


“Die verkope vir ál drie oesjare was fantasties. Die eerste oesjaar het ons binne twee uur uitverkoop!”


Me. Lorna van der Bank, rekeninge- en kantoorbestuurder by Cybercellar, sê die Black Label 2008 het “baie, baie goed verkoop”.


“ Sommige mense het dit vir ’n belegging gekoop en ander om in hul kelder te bêre.”


Van der Bank meen Suid-Afrika is beslis gereed vir ’n sekondêre wynmark waar ’n koop-en-verkoop-situasie geld.


“Dit is moeilik om te raai wat die waarde van die wyn oor ’n paar jaar gaan wees. Op die oomblik wil niemand verkoop nie, maar ek kan jou verseker dit sal heelwat meer wees as die huidige prys.


Dit is ongelooflik hoe mense begin om wyn as ’n belegging te koop en ek dink Suid-Afrika het ’n hele paar plase wat wyn vir hierdie mark kan produseer.”


Krige se gedagte is dat wynliefhebbers twaalf bottels koop, waarvan hulle ses oor so vyf jaar kan gebruik en die ander ses later kan verkoop. Op dié manier kan ’n wynfundi in ’n siklus kom waar hy jaarliks ’n paar bottels van die nuwe oesjaar koop en ’n paar verkoop.


“Só kan die ding homself betaal.”


18 April 2011


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.16
+0.8%
Rand - Pond
22.41
+0.4%
Rand - Euro
19.69
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.18
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.3%
Platinum
963.03
-0.5%
Palladium
1,420.35
+1.0%
Goud
1,973.05
+0.8%
Silwer
23.34
+1.1%
Brent-ruolie
78.12
+4.0%
Top-40
70,445
+0.9%
Alle aandele
76,047
+1.0%
Hulpbronne 10
66,460
+2.3%
Industriële 25
102,327
+0.1%
Finansiële 15
15,628
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Kom ons sien wat die toekoms inhou..
Saggeaard met 'n passie vir my medemens, ambiseus en geniet die mooi in die lewe. Altyd gereed vir 'n nuwe uitdaging.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot