AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Kanonkop wen groot by wêreld se wyn-‘Oscars’

akkreditasie
Kanonkop is veral bekend om Pinotage en Cabernet Sauvignon. Foto: Verskaf
Kanonkop is veral bekend om Pinotage en Cabernet Sauvignon. Foto: Verskaf
Die wêreld se mees uitstaande wynprodusent is in Suid-Afrika. Stellenbosch se Kanonkop-landgoed is aangewys as uitstaande wynprodusent in vanjaar se internasionale wyn- en spiritualieëkompetisie (IWSK).

Mnr. Abrie Beeslaar, keldermeester, het die trofee in Guild Hall in Londen ontvang. Dis die eerste keer dat die toekenning oorhandig word en het saamgeval met die kompetisie se vyftigste verjaardag.

Die IWSK word alom beskou as die wêreld se toonaangewendste wynkompetisie en is al die Oscars van die wynbedryf genoem. Meer as 5 500 inskrywings uit 50 lande word elke jaar beoordeel. Terwyl trofeë aan kelders, stokerye, kleinhandelaars en handelaars van reg oor die wêreld oorhandig is, was Kanonkop die blinkste ster van die aand.

Me. Pip Mortimer, die IWSK se hoof van proeë, sê die toekenning gaan aan ’n produsent wat deurlopend goed presteer het sedert die kompetisie in 1984 ’n Wynmaker van die Jaar-toekenning begin uitloof het. Kanonkop se wynmakers is geen vreemdeling op dié podium nie. Die landgoed het al vier keer die gesogte trofee gehuisves: in 1991, toe mnr. Beyers Truter keldermeester was, en in 2008, 2015 en 2017 het Beeslaar dit ingepalm. Die landgoed het al altesaam 15 individuele trofeë in die IWSK verower. 

Kanonkop het vanjaar die Warren Winiarski-trofee vir die beste Cabernet Sauvignon, vir sy Kanonkop Cabernet Sauvignon 2006, huis toe gebring, asook ’n rits silwer en brons toekennings. 

Natuur en spanwerk dra by

Mnr. Johann Krige, eienaar van Kanonkop, sê hulle het nog altyd daarna gestreef om wêreldgehalte wyn te maak wat Simonsberg se unieke grond, klimaat en tipografie uitbeeld.

“Ons het dit in ’n baie kort tydjie vermag. Toe die IWSK in 1969 gestig is, het Kanonkop nog nie eens landgoedwyn gebottel nie.”

Die eerste bottel Kanonkop-landgoedwyn is in 1973 gemaak. Krige het die toekenning opgedra aan almal wat dit moontlik gemaak het. Dit sluit in sy oupa Paul Sauer, wat Kanonkop gestig het, sy pa, Jannie Krige, en Jan Boland Coetzee, die wynmaker wat verantwoordelik was vir die eerste Kanonkop-bottelering.

kanonkop
Sir George Fistonich, president van die internasionale wyn- en spiritualieëkompetisie, saam met mnre. Abrie Beeslaar, keldermeester van Kanonkop, en Beyers Truter van Beyerskloof. Beeslaar en Truter het albei in die verlede die toekenning vir Wêreld-wynmaker van die Jaar vir Kanonkop ontvang. Foto: IWSK

“Hierdie nalatenskap is verewig deur wynmakers Beyers Truter en Abrie Beeslaar, wat verantwoordelik is vir Kanonkop se prestasie-rekord in die wêreld se gesaghebbendste wynkompetisies.”

Krige sê hul sukses in die IWSK is ’n groot spanpoging deur almal wat daar werk, maar het ook benadruk dat die omgewing waar Kanonkop geleë is, ’n groot rol speel.

“Unieke grondtipes, aspek en klimaat gee aan ons uitstaande druiwe om wyne te maak wat nou al ’n unieke identiteit ten opsigte van geurprofiel, verouderingspotensiaal en reputasie ontwikkel het.”

Moet SA help

Hy het die hoop uitgespreek dat die toekenning sal help om die Suid-Afrikaanse wynbedryf se beeld internasionaal te verbeter.

“Ons wynbedryf se geskiedenis strek terug tot 1659 en ons spog met onbetwisbare gehaltewyn, maar Suid-Afrika worstel steeds om ’n beeld van topgehalte in die internasionale handel te vestig. Toekennings soos hierdie wys aan die wêreld dat wat gehalte en identiteit betref, kan Suid-Afrikaanse wyne meeding met – en wen teen – die beste van Frankryk, Spanje, Australië en Amerika.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.35
+1.0%
Rand - Pond
22.46
+0.8%
Rand - Euro
19.80
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.27
+0.8%
Rand - Jen
0.14
+1.0%
Platinum
984.86
+1.3%
Palladium
1,457.49
+3.6%
Goud
1,950.52
+0.5%
Silwer
22.67
+1.2%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,757
+1.4%
Alle aandele
75,243
+1.3%
Hulpbronne 10
65,777
+0.2%
Industriële 25
101,692
+1.9%
Finansiële 15
15,282
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Maatjie vir n praat Jim
Eks eerlik opreg en het baie liefde wat ek kan bied hou van Kamp buielewe en sommer net rustig te verkeer
Kom ons vat 'n Kans
Ek is 'n vriendelike, eerlike en reguit mens. Hou nie van leuns en dinge wegsteek nie. Wat jy sien is wat jy kry. Treat me the way you want to be treated, . better Be Real!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot