
Die doel van die program is om die wyer publiek in te lig oor Karan Beef se belofte van gehalte, terwyl topgehalte komedie uitgesaai word.
“Ons wou ’n unieke manier hê om ons boodskap van gehalteprodukte met almal te deel,” sê mnr. Matthew Karan, die bemarkings-en-verkoopsbestuurder by Karan Beef. “Ons het daarom besluit om ‘Makin The Cut’ te begin, ’n komedieprogram waarby alle Suid-Afrikaners aanklank kan vind. Die idee om die karakter, Beef, tot lewe te roep was vir ons aanloklik, aangesien hy die program aandryf en bekendes op die warm stoel laat sit.”
Op die program, wat aangebied word deur Karan Beef se gelukbringer, Beef, word met verskeie Suid-Afrikaanse bekendes die gek geskeer.
Die program, wat op sosialemediakanale soos YouTube, Facebook en Instagram gekyk kan word, is ’n humoristiese aanslag op elke bekende se loopbaan, maar lig ook hul prestasies, persoonlikheid en staaltjies agter die skerms uit. Van die bekendes wat reeds saam met Beef verskyn het, sluit in die oud-Springbok en koffiesakeman, Kobus Wiese, die sanger Kurt Darren, die akteur Desmond Dube, die skerpsketser Joey Rasdien, radio-omroeper Poppy Ntshongwana, die kletsrymer Jack Parow en die sanger Refentse Morake.
Ander bekendes wat binnekort gesien sal word, is die oud-Springbok en rugby-kommentator Naas Botha, die akteur Alvin Bruinders en die model en TV-aanbieder Minki van der Westhuizen.
Sedert die program vier maande gelede begin het, is dit reeds 35 miljoen keer op die verskeie platforms gesien.
Belangstellende kykers kan die jongste en al die vorige episodes volg op die YouTube-kanaal https://bit.ly/3yM9ruo of hulle volg op Facebook by @makingthecutbeef of op Instagram by @makingthecut_beef, of besoek die webwerf https://www.karanbeef.com/karan-in-your-home/making-the-cut/