As daar een Afrika-nasie is wat weet waarvan hulle praat as dit by uitbuiting deur oliemaatskappye kom, is dit Nigerië.
Mnr. Barry Wuganaale van die Ogoni Solidarity Forum is in Suid-Afrika om sy organisasie se solidariteit met die mense van die Karoo te betoon.
Hy het by Suid-Afrikaners gepleit om nie vir Shell toe te laat om ondersoeke na skaliegas in die Karoo te doen nie. “Die Ogoni-mense het hulle toegelaat en lek nou nog hulle wonde.
“Shell sal ook in jul politieke strukture inmeng, maar weerstaan hulle in die stryd vir die omgewing.”
5 April 2011