AFGRI
BEAN
02 Jun
-
9580
0,00
CORN
02 Jun
-
4677
0,00
SOYA
02 Jun
-
7767
0,00
SUNS
02 Jun
-
8137
0,00
WEAT
02 Jun
-
6670
0,00
WMAZ
02 Jun
-
3681
0,00
YMAZ
02 Jun
-
3802
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

‘Ken omgewingswette vóór jy ontwikkel’

Dit sal boere wat ontwikkelings op hul grond wil doen, die moeite loon om hulle van omgewingswette te vergewis en professionele advies in te win vóór hulle begin.

Dit sal boere wat ontwikkelings op hul grond wil doen, die moeite loon om hulle van omgewingswette en –regulasies te vergewis en professionele advies in te win vóór hulle enige ontwikkeling doen, het mnr. Gerhard Pretorius, biodiversiteit-projekbestuurder van die Suid-Afrikaanse Rooibosraad, op ’n rooibos-inligtingsdag gesê.


Die regulasies van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur bevat sekere gelyste bedrywighede waarvoor ’n grondeienaar magtiging van die Departement van Omgewingsake nodig het voor hy/sy met die ontwikkeling begin.


Sekere bedrywighede vereis net ’n basiese bepaling, terwyl ander ’n omvangsbepaling en ’n omgewingsimpakstudie vereis. ’n Basiese bepaling kos sowat R50 000 en ’n omgewingsimpakstudie kan tot R120 000 kos.


Boere kan hulself geld, tyd en moeite bespaar as hulle betyds uitvind watter soort studie of assessering hulle moet laat doen. “ ’n Mens kan nie die proses ontduik nie. Die goedkoopste en beste manier is om van die begin af self so veel moontlik te weet. Die gouste manier om dit te doen, is om dit van die begin af reg te doen.”


Volgens Pretorius kan boere heelwat van die huiswerk self doen en verseker dat hulle goed ingelig is voor hulle ’n konsultant aanstel. Hy kan hulle ook help om ’n aanvanklike bepaling te doen om uit te vind of die ontwikkeling wat hulle beoog ’n gelyste bedrywigheid is.


Pretorius help boere om die rooibosbedryf op ’n volhoubare pad te plaas. Hy het boere wat die inligtingsdag op die plaas Oudam, buite Citrusdal, bygewoon het, aangeraai om ver vooruit planne te beraam. Hy waarsku dat kortpaaie die proses eerder sal vertraag as versnel.


“Moenie probeer om iets uit te laat nie. Dit gaan daaroor om jou aansien te bou. Jy gaan nie naam maak met geraamtes in jou kas nie.”


Boere kan www.capegateway.gov.za/eadp besoek om meer inligting te bekom.


2 Desember 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.51
+0.6%
Rand - Pond
24.30
+0.0%
Rand - Euro
20.93
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.90
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
1,003.50
0.0%
Palladium
1,420.36
0.0%
Goud
1,948.15
0.0%
Silwer
23.63
0.0%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.7%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Anti-gold digger !!!!
Rustig, ROOK nie, drink met geleentyd, en GEEN JOLLER. Werk vir myself(koop motors). Hou van Reis. Lyk en voel nie 51 nie, en nog baie aktief !!!
Plat op die aarde kom oor die wet almal
Ek is een van daai mense wat die pad sal loop saam mense wat die pad saam my sal loop
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot