Die ontwikkeling van die nywerheidsone in die Vhembe-gebied is volgens wetenskaplikes ’n bedreiging vir die streek se landbou, watersekerheid, toerisme, ekologiese integriteit én kulturele en paleontologiese erfenis.
Hulle sê die situasie is dringend omdat sekere tenders vir die projek reeds einde 2022 gesluit het. Hulle is lid van ’n subkomitee van die wetenskaplike adviesgroep oor dringende situasies (Sage).
Die subkomitee kyk spesifiek na die gevolge wat die MMSEZ vir erfenis en die omgewing kan inhou. Sage is deel van die Suid-Afrikaanse wetenskapakademie (Assaf).