Dit is ook nie beperk tot die Oos-Kaap nie, en daar is duidelike politieke ondertone. Kenners meen alles moet nou gedoen word om verdere konflik af te weer.
Skaars vier jaar nadat die Sondagsriviervallei in 2018 lamgelê is deur gewelddadige betogings oor lone, ontvou nog vernietigende betogings wat sitrusboere weer duur te staan kom.
Teen druktyd is beraam dat die skade aan infrastruktuur weens die oproer in die Sondagsriviervallei R70 miljoen beloop en dat R100 miljoen se sitrus vernietig is. Daarby is pak- en plukbedrywighede aan die begin van die seisoen meer as twee weke tot stilstand gedwing.