AFGRI
BEAN
05 Jun
-
8540
35,00
CORN
05 Jun
-
4137
104,00
SOYA
05 Jun
-
7760
41,00
SUNS
05 Jun
-
8341
41,00
WEAT
05 Jun
-
6560,2
-13,80
WMAZ
05 Jun
-
3725
30,00
YMAZ
05 Jun
-
3855
42,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

‘Kleinhandel smoor verhoogde melkprys’

'n Melkkoper het sy prysverhoging aan melkboere teruggetrek want supermarkte weier om die hoër pryse aan verbruikers deur te gee.

'n Oos-Kaapse melkkoper het sy winterprysverhoging van 40c aan melkboere teruggetrek nadat supermarkgroepe geweier het om hoër produkpryse aan verbruikers deur te gee.

Kleinhandelaars het glo in die onderhandelings met Woodlands Dairy van Humansdorp gesê hulle sal eerder langlewemelk invoer as om hul winkelrakpryse te verhoog.

Melkboere elders in die land vrees dieselfde kan met húl verwagte winterverhogings gebeur. Mnr. Lex Gutsche, uitvoerende hoof van Woodlands, sê hulle het 'n verhoging van 40c beplan om mededingend te bly en omdat 'n verhoging dié tyd van die jaar gebruiklik is.

Wou nie verhoging gehad het nie

Woodlands se hoofkliënte wou egter geen prysverhoging aanvaar nie, weens onder meer die trae ekonomie, die druk waaronder verbruikers is, en die verwagte groot mielie-oes en laer mieliepryse.

Gutsche sê hy het boere vooraf gewaarsku hy is bekommerd oor die vlak van die verhoging.

Relatief hoë plaashekpryse en lae mieliepryse in die eerste helfte van 2015 het tot oorproduksie gelei, waarna plaashek- en verkoopspryse in die tweede helfte getuimel het.

2016 was hersteljaar

“ 'n Groot deel van 2016 was 'n hersteljaar vir die bedryf, maar tesame met die hoë mieliepryse was dit 'n uiters tawwe jaar,” sê Gutsche.

“Hoewel boere in 2016 weens hoë voerkoste gely het, voel ek die sekondêre bedryf het 'n billike prys vir melk betaal. Dit is die melk-tot-voerprysratio wat uit balans is.

“ 'n Verlaging in mieliepryse sal hopelik in die nabye toekoms verligting bring en hopelik nie tot verdere verlagings in verkoopspryse lei nie.

“As 'n maatskappy streef ons daarna om altyd 'n billike, mededingende prys vir melk te betaal. Ons gee om vir ons boere en omdat ek self 'n melkboer is, is ek altyd bewus van heersende druk wat boere ervaar,” sê Gutsche.

Dis tragedie

'n Woodlands-boer beskryf die terugtrekking van die verhoging as “ 'n tragedie” en sê boere is baie emosioneel daaroor.

“Van die boere het reeds reëlings met banke getref op grond van die verwagte verhoging.” Die omgewing ervaar een van sy ergste droogtes nog. Boere moet bogemiddelde hoeveelhede voer koop.”

Hoewel voerpryse nou laer is as verlede jaar, betaal boere nog af aan skuld weens verlede jaar se hoë voerpryse, sê hy.

Slegte nuus

Dr. Chris van Dijk, uitvoerende hoof van die MPO, sê sou verwerkers nie nou pryse verhoog nie, sal dit slegte nuus wees vir melkprodusente wat veral die afgelope twee jaar onder aansienlike finansiële druk is weens onder meer lae produsentepryse, hoë insetkoste en die ergste droogte in dekades.

Produksietoestande is wel vanjaar in die algemeen beter danksy reën en voerpryse wat begin daal het. Swaar neerslae in groot dele van die land verhoog egter die risiko vir siektes.

Boere het in Februarie gemiddeld R4,70/liter ontvang, terwyl die MPO bereken hulle behoort minstens R5,50/liter te kry om winsgewend te kan boer.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.39
+0.6%
Rand - Pond
24.03
+1.1%
Rand - Euro
20.73
+0.9%
Rand - Aus dollar
12.78
+1.0%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Platinum
1,006.65
+0.2%
Palladium
1,425.61
-0.7%
Goud
1,945.75
-0.1%
Silwer
23.49
-0.6%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,481
-0.7%
Alle aandele
76,640
-0.6%
Hulpbronne 10
69,388
-1.3%
Industriële 25
104,205
-0.8%
Finansiële 15
14,882
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Tyd is kosbaar.
Het n positiewe uitkyk op die lewe (alhoewel realisties), geniet die natuur en om staproetes te stap, kweek plante as n stokperdjie ens.
Just a small town girl, living in a lonely world
OK so let's jump this wagon and see where it's going. I absolutely love sport and am the happiest when I'm outside making myself tired. I'm in the gym 5 days...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot