
Meyer sê dit is een van sy prioriteite as minister om klimaatsverandering aan te pak. Die boekies bied nog ’n platform om veerkragtigheid teen klimaatsverandering in die landbousektor te bevorder.
Dr. Ilse Trautmann, hoofdirekteur vir navorsing en tegnologie-ontwikkeling by die departement, sê die Wes-Kaap moet die eerste provinsie wees waar die landbousektor ’n klimaatveerkragtige sektor met ’n lae koolstofspoor word met klimaatslim produksiepraktyke.
Die e-boekies konsentreer op 14 onderwerpe wat gekies is uit die 104 programme van Die Kwik Styg, wat van 2018 tot 2020 op RSG uitgesaai is. Die reeks word weer vanaf April op RSG uitgesaai.
Die departement het prof. Stephanie Midgley onlangs as klimaatsverandering-en-risikobepalingswetenskaplike aangestel. Sy sê die e-boekies bied toeganklike, wetenskaplike inligting oor klimaatsverandering en praktiese oplossings op plaas- en huishoudelike vlak aan boere en die landbousektor.
Die e-boekies is by www.elsenburg.com beskikbaar.