AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9340
-83,00
CORN
28 Sep
-
4851,2
34,20
SOYA
28 Sep
-
9364
-33,00
SUNS
28 Sep
-
9975
79,00
WEAT
28 Sep
-
7046
-7,00
WMAZ
28 Sep
-
4888
48,00
YMAZ
28 Sep
-
4737,8
55,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Klimaatsverandering vuur al hoe meer veldbrande aan

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
'n Voorbrand word gemaak by Clocolan in die Oos-Vrystaat. Foto: Johan Norval
'n Voorbrand word gemaak by Clocolan in die Oos-Vrystaat. Foto: Johan Norval
Klimaatsverandering veroorsaak al hoe meer intense veldbrande in Suid-Afrika en dis lankal nie meer net boerderye en landelike gebiede wat daardeur bedreig word nie.

Suid-Afrika benodig daarom ’n bykomende 17 000 brandbestryders teen die voorspelde toename in veldbrande.

Dié opmerking is Dinsdag deur mnr. Trevor Abrahams, besturende direkteur van Working on Fire (WoF), tydens mondelingse voorleggings aan die portefeuljekomitee van bosbou, visserye en omgewingsake oor die wetsontwerp vir klimaatverandering gemaak.

Abrahams het gesê WoF steun ’n standpunt dat veldbrande en klimaatsverandering wêreldwyd met mekaar verband hou.

“Ons voorlegging is egter gegrond op die siening dat die wetsontwerp oor klimaatsverandering nie voldoende aandag gee aan sommige bedreigings van klimaatsverandering nie, soos die verwagte groei in die voorkoms van uiterste veldbrande en die skade wat dit kan veroorsaak.”

Hy het gesê in ’n verslag van die Verenigde Nasies (VN) se omgewingsprogram in Mei vanjaar is bevind veldbrande word al hoe meer intens en kom ook meer gereeld voor.

Luidens die verslag vererger klimaatsverandering die voorkoms van veldbrande namate droogtes toeneem en temperature begin styg wat lei tot warmer, droër en langer veldbrandseisoene.

“Luidens die verslag, Spreading like wildfire: The rising threat of extraordinary landscape fires, kan die voorkoms van ekstreme veldbrande teen 2030 met 14% toeneem, teen 2050 met 30% en teen die einde van die eeu met 50%.”

Voorkoming beter as bestry

Meer brandbestryders is egter nie die enigste oplossing wat die bedreigings van ’n verwagte toename in veldbrande sal kan stuit nie.

Luidens die VN-verslag moet regerings veral begin konsentreer op die vermindering van risiko’s wat veldbrande laat ontstaan, en meer direk saam met plaaslike gemeenskappe werk om nie net brande nie, maar ook klimaatsverandering te voorkom.

Die verslag maak dit duidelik bewusmaking onder gemeenskappe en voorkoming is daarom ’n kritiese deel om die voorkoms van veldbrande te bestry.

Mnr. Johann Breytenbach, bestuurder van die Vrystaatse brandbeskermingsvereniging, het gesê ’n veldbrand kan redelik goed bestry word as dit teen 3-4 km/h beweeg, maar sodra ’n brand aangeblaas word deur wind van vinniger as 40 km/h, kan die brand teen 6-7 km/h begin beweeg en weghardloop.

“Brandbane op plase is daarom byvoorbeeld noodsaaklik sodat daar ’n ankerpunt en beheerlyn is om teen die brand te baklei. Deeglike brandstofladingsbestuur is ook noodsaaklik. ”

Hoe ernstig is die probleem?

Die WoF wat opdrag het om grondeienaars wat brande bestry by te staan, het meer as 200 basisse reg oor die land en moet jaarliks gemiddeld 2 500 veldbrande in die land bestry, maar dié aantal brande is ’n fraksie van voorvalle wat plaasvind.

“Gedurende die 2021-veldbrandseiseon het ons provinsie (Vrystaat) 17 678 voorvalle van veldbrande gehad wat oor ’n totale oppervlakte 745 288,32 ha gestrek het. Dit sluit landelike dele en wildernisgebiede in waar stedelike uitbreiding reeds plaasgevind het. Die aantal voorvalle in 2021 toon ’n toename van 64,05% in totale oppervlakte en ’n styging van 29,36% in voorvalle vergeleke met die 2020-brandseisoen,” sê Breytenbach.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
+1.0%
Rand - Pond
19.42
-0.5%
Rand - Euro
17.37
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,659.31
+1.9%
Silwer
18.90
+2.8%
Palladium
2,150.51
+3.6%
Platinum
865.78
+1.4%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,413
-0.4%
Alle aandele
63,808
-0.3%
Hulpbronne 10
57,878
+1.5%
Industriële 25
78,523
-1.0%
Finansiële 15
14,099
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot