AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
8703
-87,00
CORN
31 Mrt
-
4445,8
-72,20
SOYA
31 Mrt
-
8071,2
-127,80
SUNS
31 Mrt
-
8700
-102,00
WEAT
31 Mrt
-
6605
-90,00
WMAZ
31 Mrt
-
3798
-55,00
YMAZ
31 Mrt
-
4012,8
-51,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Kommandowurmmotte: Kaapse boere moet lande dophou

akkreditasie
Foto: Charl van Rooyen
Foto: Charl van Rooyen
Motte van die skadelike herfskommandowurm is in Mei vanjaar in lokvalle in die Overberg gekry.

“Die motte wat ons in die lokvalle gekry het, is vir ons ’n vroeë waarskuwing dat hulle die Wes-Kaap bereik het. Tot voor Mei was daar niks nie,” sê mnr. Jan Hendrik Venter, bestuurder van vroeë waarskuwingstelsels vir plantgesondheid by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.

“Volgende jaar gaan van kritieke belang wees, daarom moet ons dit dophou.”

Die motte is in lokvalle naby lusernlande by Riviersonderend en by koringlande op twee plase by Swellendam gekry.

Al sal die wurms vermoedelik nie die koue Kaapse winter oorleef nie, moet boere gereeld deur hul lande stap en dadelik die nasionale Departement van Landbou, Bosbou en Visserye in kennis stel as hulle larwes kry wat hulle nie ken nie. Die larwes is van 1 mm tot 40 of 50 mm lank, maar omdat dit nogal kundigheid verg om te bevestig dat dit ’n herfskommandowurmlarwe is, moet boere enige verdagte larwes aanmeld.

Venter sê herfskommandowurms is ’n migrerende plaag en die motte kan ver vlieg. Daarom gaan monitering en opnames voort, sê Venter. Die departement gaan lokvalle in meer dele van die kleingraandistrikte uitsit om te bepaal hoe ver die mot deur die provinsie versprei het.

“As die mot ’n geskikte gasheer kry, kan dit eiers lê, maar dis nou koud, en die motte hou nie van temperature kouer as 10°C nie. Ons vermoed dis die laaste motte wat gevlieg het, maar ons kan dit nie met sekerheid sê nie.”

Volgens ’n persverklaring van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye is herfskommandowurms ook in Mei naby George opgespoor.

Navrae en aanmeldings: Mnr. Jan Hendrik Venter, tel. 012 319 6384, e-pos: JanHendrikV@daff.gov.za, of die plaaslike kantoor van die Wes-Kaapse departement van landbou.

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se feitegids oor Herfskommandowurm kan hier afgelaai word: https://bit.ly/2K51FUh 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.74
+0.3%
Rand - Pond
21.91
+0.7%
Rand - Euro
19.28
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.89
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Platinum
995.19
+1.5%
Palladium
1,465.83
-0.8%
Goud
1,978.14
-0.1%
Silwer
24.11
+0.8%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
Rustig
.,. . . . . . is byna sigbaar vir ander Die volgende beskrywings gee lede 'n voorsmakie van jou persoonlikheid en wie jy werklik is. Moenie bekommerd wees om dit die eerste...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot