AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Kommandowurms ook in Namibië

Die herfs-kommandowurm het nou ook kop in die noorde van Namibië uitgesteek.

Berigte van ’n vermoedelike herfskommandowurm-plaag is nou ook vanaf besproeiingboere uit die noorde van Namibië ontvang, sê prof. Johnnie van den Berg, entomoloog aan die Universiteit van Noordwes.

Hy is hoof van die plantbeskerming-navorsingstroom aan die universiteit, en lid van ’n groep wetenskaplikes wat in geïntegreerde plaagbeheer spesialiseer. Hulle is ten nouste betrokke by die proses om wetenskaplik te bevestig of die wurms wat die laaste weke op heelparty Suid-Afrikaanse plase skade aangerig het, wel soos vermoed word die indringer herfs-kommandowurm is.

Teen Woensdag, 1 Februarie, is nog geen amptelike taksonomiese bevestiging van owerheidskant ontvang nie.

Wurms in Namibië

Van den Berg sê egter visueel lyk die Namibiese wurms presies net soos die herfs-kommandowurm. Hy verduidelik dat die wurms wat hulle versamel het, eers die motstadium moet bereik voordat die spesie met sekerheid taksonomies geïdentifiseer kan word. Die wurms het reeds in papies verander, en almal wag nou in groot spanning op die motte om daaruit te verskyn.

Hy sê verspreiding in Suid-Afrika blyk veral in die noorde van Limpopo en onder die Laeveld van Mpumalanga se suikermielieboere te wees. Berigte van ’n wurmplaag is ook uit Delareyville ontvang en vanaf ’n suikermielieboer by Piketberg. Die omvang van die skade wissel, van minimale blaarskade tot algehele verwoesting.

Dis in 2016 die eerste keer in Wes- en Sentraal-Afrika opgemerk.

Dringende optrede gevra

Intussen het die DA die landbou-minister, mnr. Senzeni Zokwana, in ’n dringende brief gevra dat ’n omvattende rampbestuursplan opgestel moet word. “Berigte uit Malawië, Zambië en Zimbabwe het die verwoesting beskryf wat kommandowurms aan mielie-oeste kan aanrig, en Suid-Afrika het ’n plan van aksie nodig om ’n moontlike voedselsekuriteit-ramp af te weer,” sê me. Annette Steyn, die party se skadu-landbouminister.

Sy sê herfs-kommandowurms het reeds 70% van die oeste in dele van Zimbabwe vernietig, 100 000 ha in Zambië, en 2 000 ha in Malawië. Steyn is bekommerd dat mielie-uitvoere stopgesit sal moet word as dit wel bevestig word dat daar herfs-kommandowurms in Suid-Afrika is.

Mnr. Jan Hendrik Venter van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se afdeling wat uitheemse plaagspesies behartig, stem egter nie hiermee saam nie, omdat Suid-Afrika se mielie-uitvoer uit droë pitte bestaan.

Departement staan reg

Hy het al vroeër die versekering gegee dat sy departement reg staan om boere te help om die doeltreffendste en omgewingvriendelikste beheerplan uit te werk.

Hy vra boere wat enige verdagte wurms op hul plase of in hul lande sou opmerk, om hom dadelik by 072 348 8431 of 012 319 6384 te bel.

Dr. Gerhard Verdoorn, plaagbeheerkundige van Croplife SA, kan ook gekontak word, by 082 446 8946 of nesher@tiscali.co.za.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
+1.6%
Rand - Pond
22.07
+1.0%
Rand - Euro
19.43
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.96
+1.2%
Rand - Jen
0.13
+1.4%
Platinum
986.00
+1.8%
Palladium
1,457.22
+0.6%
Goud
1,980.94
+0.9%
Silwer
23.90
+2.5%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,089
+0.3%
Alle aandele
76,705
+0.3%
Hulpbronne 10
67,517
+1.3%
Industriële 25
103,222
-0.1%
Finansiële 15
15,634
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot