AFGRI
BEAN
05 Des
-
9332,2
-2,80
CORN
05 Des
-
4408
-103,00
SOYA
05 Des
-
10370
-12,00
SUNS
05 Des
-
10750
-62,00
WEAT
05 Des
-
6774
-82,00
WMAZ
05 Des
-
4955
-109,00
YMAZ
05 Des
-
4808
-100,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Kommer oor sprinkane in die komende reënseisoen

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Swerms sprinkane het vanoggend (Vrydag, 19 Februarie 2021) tussen De Aar en Hopetown gevlieg. Foto: Verskaf deur Koos du Toit
Swerms sprinkane het vanoggend (Vrydag, 19 Februarie 2021) tussen De Aar en Hopetown gevlieg. Foto: Verskaf deur Koos du Toit
Kommer bestaan oor nog swerms sprinkane wat oor dele van Suid-Afrika kan voorkom wanneer die volgende somerreënseisoen aanbreek.

Nadat talle gebiede die afgelope somer onder sprinkane deurgeloop het, bestaan daar kommer oor nog swerms sprinkane wat oor dele van Suid-Afrika kan voorkom wanneer die volgende somerreënseisoen aanbreek.

Dr. Gerhard Verdoorn, bedryfsbestuurder van CropLife SA, sê hoewel reën die afgelope weke oor dele van die Karoo voorgekom het, is hy nie bekommerd oor ’n moontlike uitbreking binne die volgende paar weke in dié gebiede nie, want die winter in die Karoo was besonder koud en daarom sou baie van die sprinkaaneiers wat in die grond was, gevrek het.

Verdoorn meen dat sprinkane beslis in die komende somer gaan voorkom. “Die vraag is nie óf dit gaan voorkom nie, maar eerder wanneer en wat die grootte van die swerms gaan wees.

“Swerms het reeds in die noorde van Namibië begin voorkom. Dit is veral gebiede in die Karoo, die Noord-Kaap en die Wes-Vrystaat wat hard deur swerms getref kan word.” 

Verdoorn sê dit is uiters belangrik dat die departement van landbou nou al begin bestellings plaas om die regte produkte te bekom om die gif vir die bespuiting van swerms te kan vervaardig, aangesien daar reeds druk is op formulerings en logistieke waardekettings met planttyd wat om die draai is.

Me. Janine Byleveld, ’n bedryfsamptenaar by Agri Noord-Kaap, sê daar is verlede week met die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se sprinkaanamptenare vergader om die moontlikheid van ’n uitbreking te bespreek.

“Ons is besig met voorbereidings om te verseker dat enige gevalle so vinnig as moontlik hanteer kan word. Die departement het nuwe toerusting gekry wat gekalibreer is volgens die nodige spesifikasies om sprinkane te kan bespuit.”

Volgens me. Linda Page, woordvoerder van die departement landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, word kontrakteurs vir sprinkaanbeheer aangestel soos bepaal deur die wetgewing op plantplae. “Die departement wag tans vir die georganiseerde landbou om kandidate vir elke distrik voor te stel.”

Sy sê die departement is nie bewus van probleme met die aankoop en verskeping van insekdoders nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
+2.0%
Rand - Pond
21.13
+1.0%
Rand - Euro
18.15
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+1.7%
Goud
1,797.90
-0.0%
Silwer
23.02
-0.6%
Palladium
1,920.63
+1.1%
Platinum
1,022.00
+0.2%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
69,042
+1.2%
Alle aandele
75,161
+1.1%
Hulpbronne 10
74,999
+1.3%
Industriële 25
92,121
+0.6%
Finansiële 15
15,780
+2.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
See,Bosveld en Kamp
My geloof is vir my baie belangrik, is spontaan, het ñ goeie sin vir humor. Reik uit na mede gelowiges en minder bevoorregtes. Ek is ñ baie liefdevolle persoon.
JMJenny
Ek is n diereliefhebber. Baie uitgaande en ook baie gemaklik. Ontsettend positief. Iemand met n negatiewe houding moet my asb nie nader nie. Ontsettend lojaal
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot