Die ekonomiese navorsingsburo van die kommissie sê in ’n verslag daar is ’n kommerwekkende afname in die deelname van kommersiële produsente en dat inset- en uitsetbedrywe meer gekonsentreerd raak.
Om sy punt te staaf, verwys hy daarna dat die aantal melkboere sedert 2007 met 73% afgeneem het, van 3 899 tot 1 053 vanjaar.
Die kommissie het bevind dat die landbouwaardeketting hoogs geïndustrialiseerd is en gekenmerk word deur superkommersiële produksie deur groot boerderye, asook gekonsentreerde insetverskaffers en verwerkers.