AFGRI
BEAN
01 Des
-
9254
0,00
CORN
01 Des
-
4489,4
-18,60
SOYA
01 Des
-
10408
0,00
SUNS
01 Des
-
10855
-62,00
WEAT
01 Des
-
6646
0,00
WMAZ
01 Des
-
5141
10,00
YMAZ
01 Des
-
5001
4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Kommissie gaan kyk na mededinging in mark vir vars produkte

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Jasper Raats
Foto: Jasper Raats
Kwessies wat verband hou met boere se verkope van vars produkte gaan ondersoek word.

Die Mededingingskommissie het begin met ’n ondersoek na die mark vir vars produkte om te kyk of daar kenmerke in dié waardeketting is wat mededingendheid verminder, verhinder of verwring.

Die owerheid gaan hom op spesifieke kwessies in elke laag van die waardeketting toespits.

Die kommissie sê in ’n verklaring die ondersoek sal spesifiek aspekte van die boer se verkoop van vars produkte aan klante dek, hetsy kleinhandelaars, verwerkers of die uitvoermark.

Die interaksie tussen kleinhandelaars en eindverbruikers, asook voedselverwerkers se verkoop en verspreiding van verwerkte produkte is uitgesluit van die ondersoek.

Die kommissie het vier breë temas geïdentifiseer wat die kenmerke dek wat mededinging of markuitkomste kan belemmer, beperk of verwring:

  • Die effektiwiteit van die waardeketting. Dié tema is daarop toegespits om te bepaal hoe die waardeketting en verskillende vlakke van konsentrasie op verskeie vlakke en die roete na die mark pryse en effektiwiteit beïnvloed, met ’n klem op die varsproduktemark.
  • Markdinamika en die uitwerking van sleutelproduksiemiddele op boere. Die belangrikste produksiemiddele sluit in saad, kunsmis, landbouchemikalieë, soos onkruiddoders, swamdoders en plaagdoders, en plaastoerusting. Baie hiervan word volgens die kommissie ingevoer of die prys is gegrond op internasionale basisse en kan vir die boer beduidende kostegevolge meebring. Vir dié tema sal gekyk word na die boonste punt van die produksiewaardeketting.
  • Klein- en histories benadeelde boere en hul deelname. Vir dié tema sal na die onderste punt van die produksiewaardeketting gekyk word en in die besonder na die versperrings tot toetrede vir klein- en voorheen benadeelde boere, asook kwessies rondom toegang tot varsproduktemarkte of kleinhandelaars deur kontrakboerdery.
  • Versperrings tot toetrede wat verband hou met die regulatoriese omgewing.
  • Die kommissie beskou die ondersoek na die mark vir vars produkte is noodsaaklik vir begrip van die stand van mededinging in die bedryf, die markeienskappe wat prysuitkomste beïnvloed, en boere se probleme, veral kleinskaalse en opkomende boere.

“Die landbou speel ’n beduidende rol in die Suid-Afrikaanse ekonomie omdat dit bydra tot voedselproduksie, werkskepping, die verskaffing van grondstowwe aan die voedselverwerkings- en vervaardigingsektor, asook uitvoergedrewe verdienste van buitelandse valuta.

“Die kommissie gee sedert 2008 voorkeuraandag aan die voedsel- en voedselverwerkingsektor omdat dit die bron is van stapelvoedsel en vanweë die sektor se potensiaal om beduidende werksgeleenthede te skep en só te dien as ’n aandrywers van inklusiewe groei in die Suid-Afrikaanse ekonomie,” sê die owerheid. 

Sperdatum vir kommentaar

Die kommissie sê die opdrag vir die ondersoek is in die Staatskoerant (nr. 46093) van 25 Maart 2022 afgekondig.

Enigeen wat kommentaar wil lewer, moet dit op of voor 22 April 2022 na ccsa@compcom.co.za stuur.

 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.14
+0.4%
Rand - Pond
20.74
+0.2%
Rand - Euro
17.91
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.71
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.9%
Goud
1,780.38
+0.7%
Silwer
22.26
+0.3%
Palladium
1,922.46
+1.8%
Platinum
1,044.87
+0.7%
Brent-ruolie
86.97
+3.1%
Top-40
69,825
+1.8%
Alle aandele
76,159
+1.8%
Hulpbronne 10
75,247
+2.5%
Industriële 25
92,571
+2.3%
Finansiële 15
16,376
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wie weet
Ek dink ek is maklik om oor die weg te kom. Is baie getrou eerlik opreg . Ek is nie opsoek na lekker tyd! Ook nie om jou tyd te mors.
Opsoek na lekker geselskap
As jy my eers beter leer ken sal jy nie genoeg van my kry nie. Ek is n rustige vrou opsoek na lekker geselskap
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot