AFGRI
BEAN
09 Jun
-
9488
0,00
CORN
09 Jun
-
4488
0,00
SOYA
09 Jun
-
7592
0,00
SUNS
09 Jun
-
8364
0,00
WEAT
09 Jun
-
6614
0,00
WMAZ
09 Jun
-
3557
0,00
YMAZ
09 Jun
-
3637
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Kommissie hou kleinhandel se marges dop

akkreditasie
Foto: Johan Coetsee
Foto: Johan Coetsee
Die mededingingskommissie is bekommerd dat die marges wat kleinhandelaars op produsentepryse van noodsaaklike voedselprodukte soos aartappels en uie verdien, in die Covid-19-inperking beduidend gegroei het.

Die kommissie sê in sy jongste verslag oor hoe pryse van noodsaaklike voedselprodukte in die inperking verander het, dat kleinhandelpryse geneig is om stadiger te daal en dat dit vir hom in die algemeen ’n bron van kommer is.

“Dié kommer word versterk as ’n mens waarneem dat kleinhandelpryse vir dié produkte teen Junie 2020 nog nie na normale vlakke teruggekeer het nie, met marges steeds hoog,” luidens die verslag.

“Die kommissie sal voortgaan om die marges tussen produsente- en kleinhandelpryse te monitor en verder te ondersoek, waar nodig.”

Die kommissie se ondersoek toon hoewel die Covid-19-pandemie aanvanklik op groothandelvlak (produsentepryse) ’n korttermynuitwerking op pryse gehad het, veral van noodsaaklike voedselprodukte, het alle produkte se pryse later gedaal.

Data van die Johannesburgse varsproduktemark en produsenteprysdata van Statistieke SA toon dat daar waarskynlik baie min rede vir kommer is dat die pandemie se aanvanklike impak enige blywende prysuitwerking sal hê, minstens rakende die produkte wat gemonitor word.

Pryse verskil

Die kommissie is bekommerd oor die beduidende verskille in pryse by verskillende markte nadat pryse van 3 Junie tot 31 Augustus vanjaar gemonitor is.

’n Kilogram appels het byvoorbeeld in Mthatha gemiddeld R8,05 gekos, R4,18 in Port Elizabeth en R7,17 in Kaapstad, terwyl appels oorwegend in die Wes-Kaap verbou word.

Dit blyk volgens die kommissie dat prysverskille tussen markte in die algemeen nie toegeskryf kan word aan die grootte van ’n mark of die vervoerkoste om die produk van die boer na die mark te kry nie.

Markte in kusgebiede se pryse blyk in die algemeen hoër te wees as dié van binnelandse markte, maar dit is onduidelik watter faktore dit aandryf.

Die kommissie sê die dinamika betrokke moet verder oorweeg word om te bepaal of die markte wanfunksioneer.

’n Mens sou verwag dat wisselvallige pryse breedweg met kleiner varsproduktemarkte geassosieer sou word, maar daar is uitsonderings, omdat sommige produkte en kleiner markte minder pryswisselvalligheid as die grootste markte toon.  

“Dit dui daarop dat kleiner markte nie noodwendig onderhewig hoef te wees aan onbestendigheid nie en dit is belangrik om te verstaan hoekom sommige markte wisselvalliger as ander is.”

Die kommissie sê daar moet gekyk word of sommige markte weens ’n gebrek aan likiditeit vatbaarder is vir manipulering.

Rakende graanverwante produkte het die kommissie se navolging van graankommoditeitsmarkte gewys dat ’n mate van bestendigheid na die markte terugkeer, nadat die verswakking van die rand aanvanklik ’n uitwerking op pryse gehad het.

As kleinhandelpryse vir graangebaseerde produkte ná Julie 2020 styg, sou dit waarskynlik nie aan bewegings in kommoditeitsmarkte toegeskryf kon word nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.71
+0.7%
Rand - Pond
23.52
+0.1%
Rand - Euro
20.15
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.61
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
1,008.54
0.0%
Palladium
1,323.40
0.0%
Goud
1,961.00
0.0%
Silwer
24.29
0.0%
Brent-ruolie
74.79
-1.6%
Top-40
71,602
-0.1%
Alle aandele
76,936
-0.1%
Hulpbronne 10
68,393
-1.2%
Industriële 25
102,984
-0.4%
Finansiële 15
15,877
+2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin n nuwe kans
Ek is reguit eerlik op die man af. Loop nie draaie nie. Ek Hou van diere en suite lewe. Hou van naturuur. Besigtig natuur. Ek het Soos baie Ander ook seer gekry, wil n laaste...
Plat op die aarde kom oor die wet almal
Ek is een van daai mense wat die pad sal loop saam mense wat die pad saam my sal loop
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot