AFGRI
BEAN
09 Jun
-
8524
64,00
CORN
09 Jun
-
4000
13,00
SOYA
09 Jun
-
7752
89,00
SUNS
09 Jun
-
8625
-29,00
WEAT
09 Jun
-
6305
-1,00
WMAZ
09 Jun
-
3605,60
48,60
YMAZ
09 Jun
-
3859,4
11,40
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Kommissie kyk na mededinging by dié vars produkte

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Gerrit Bezuidenhout
Ter illustrasie. Foto: Gerrit Bezuidenhout
Die mededingingskommissie het die spesifieke vrugte en groente bekend gemaak waarna hy gaan kyk in sy ondersoek na mededinging in die waardeketting vir vars produkte.

Dié produkte is appels, sitrus, piesangs, pere, tafeldruiwe, aartappels, uie, wortels, kool, tamaties en spinasie.

Mnr. Hardin Ratshisusu, adjunkkommissaris en voorsitter van die ondersoekpaneel, het vanoggend (23 Maart) op ’n mediakonferensie waar die ondersoek bekend gestel is, gesê die bedryf se produkreeks is te groot om alles te ondersoek. Die produkte wat gekies is, verteenwoordig minstens 70% van produksie en verkope.

Die ondersoek begin amptelik op 31 Maart en moet volgens wet binne 18 maande voltooi word.

Me. Doris Tshepe, kommissaris, het gesê die kommissie ontvang verskeie klagtes oor onmededingende gedrag in die waardeketting vir vars produkte. In die kommissie se verslag oor vlakke van konsentrasie in die ekonomie, wat einde 2021 gepubliseer is, is ook bevind dat die landbou gekenmerk word deur hoë vlakke van konsentrasie.

Die kommissie het sedert 2020 voedselprysstudies onderneem en die bevindinge toon volgens haar ontstellende vlakke van prysstygings en wisselvalligheid van pryse, ingesluit in die varsproduktesektor. Die uitwerking van hierdie stygings is buite verhouding groot op arm en lae-inkomsteverbruikers.

Ratshisusu het gesê die ondersoek word in drie temas verdeel, naamlik die doeltreffendheid van die waardeketting, wat varsproduktemarkte, die rol van markagente en direkte kontrakte tussen handelaars en boere insluit; markdinamika van produksiemiddele en hoe dit boere raak; en versperrings tot toetrede vir kleinskaalse boere en voorheen benadeelde produsente.

Vir laasgenoemde tema sal daar onder meer gekyk word na toegang tot finansiering en tot water.

Die tegniese taakspan, onder leiding van mnr. Ruan Maré van die kommissie, begin sy werk met die insameling van inligting. Enige lid van die publiek kan inligting verskaf. Riglyne vir deelname en ’n dokument waarin die kwessies wat ondersoek gaan word, uiteengesit is, is vandag op die kommissie vandag op die kommissie se webblad gepubliseer.

Die taakspan het verder spesifieke belanghebbers geïdentifiseer, ingesluit ondernemings in die bedryf, wat met vrae genader sal word wat veral oor koste en pryse sal gaan.

Die kommissie beoog om in verskeie provinsies waar die betrokke vars produkte verbou word, openbare verhore te hou.

Deelname aangemoedig

Tshepe het ’n beroep gedoen op deelname deur die publiek. “Dié ondersoeke werk beter as daar deelname deur alle belanghebbers is.”

Volgens Ratshisusu word belanghebbers eers genader met ’n versoek om vrywillig inligting te verskaf, maar kragtens die Mededingingswet (Wet 89 van 1998) kan die kommissie organisasies dagvaar om inligting te verskaf en voor hom te verskyn indien hy nie samewerking kry nie.

Ná voltooing van die ondersoek moet die kommissie, op grond van wat hy bevind het, aanbevelings maak rakende regstellende stappe om mededinging en toegang vir nuwe toetreders te verbeter. Ondernemings is kragtens wet verplig om dié aanbevelings uit te voer. “Deelname deur belanghebbers is dus noodsaaklik.”

Tshepe het gesê juis omdat die regstellende stappe bindend is, moet die proses billik en deursigtig wees.

Klik hier vir nog inligting.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.74
+0.5%
Rand - Pond
23.54
+0.5%
Rand - Euro
20.18
+0.7%
Rand - Aus dollar
12.60
+0.4%
Rand - Jen
0.13
+0.9%
Platinum
1,009.69
0.0%
Palladium
1,364.32
+0.2%
Goud
1,965.90
+0.0%
Silwer
24.36
+0.4%
Brent-ruolie
75.96
-1.3%
Top-40
71,628
-0.1%
Alle aandele
76,961
-0.1%
Hulpbronne 10
68,450
-1.1%
Industriële 25
102,918
-0.5%
Finansiële 15
15,894
+2.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom, sê 'n bietjie "hallo"!
Goeie intelligente geselskap. Ek ontmoet graag nuwe mense en gou daarvan om tyd saam deur te bring. Opreg en 'n staatmaker.
Helder enige donker op
Rustige en kalm persoonlikheid Jonk van gees Posetief Kreatief Boekwurm met passie vir kook en bak Muskiek mal Buitelewe mal
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot