
Ondanks die potensiaal van ’n groeiende bevolking, dinamiese markte en sowat die helfte van die wêreld se onbewerkte grond, is Afrika nie op koers om die volhoubare ontwikkelingsdoelwitte van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) te haal nie.
In die algemeen is Afrika-plase se omset slegs 40% van hul volle potensiaal.
Ten einde die reuse-potensiaal van die SAOG te ontsluit en daardeur hongersnood in Afrika te beëindig deur veilige, voedsame en voldoende voedsel te produseer om wanvoeding te bekamp, bied Landbouweekblad eersdaags die eerste oplossingskonferensie vir die voedselketting aan.
“As Suid-Afrika se grootste landboutydskrif met ’n eeu se institusionele landboukennis en ’n wye netwerk van uitmuntende landboukontakte reg oor Suider-Afrika is die handelsnaam perfek geposisioneer om ’n omvattende perspektief vanuit vele hoeke te gee oor wat gedoen moet word om die enorme sluimerende potensiaal van die subkontinent te ontgin,” sê Chris Burgess, redakteur van Landbouweekblad en die konferensie se programleier.
Die konferensie, wat van 27-29 September 2023 in die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum plaasvind, sal veral konsentreer op volhoubare landbou, geskikte lae- en hoëtegnologie, asook unieke landboufinansiering vir boerderystelsels in Afrika.
Konferensiegangers kan uitsien na die bespreking van navorsing en deel van praktiese kennis en geleenthede deur paneelbesprekings, voorleggings, stalletjies en aanbiedings deur kenners en entrepreneurs.
Registreer by http://ifcsc.co.za/.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.