AFGRI
BEAN
09 Jun
-
8342
62,00
CORN
09 Jun
-
4498
10,00
SOYA
09 Jun
-
8042
20,00
SUNS
09 Jun
-
8370
6,00
WEAT
09 Jun
-
6592
3,00
WMAZ
09 Jun
-
3580,6
-3,40
YMAZ
09 Jun
-
3835
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Kongo Agri sien die lig

‘n Landbou-organisasie, Kongo Agri, het die lig gesien om geleenthede vir boere in dié land uit te brei.

‘n Landbou-organisasie, Kongo Agri, het die lig gesien om geleenthede vir boere in dié land uit te brei.

‘n Komitee van ses lede is Donderdag, 9 Desember, tydens ‘n vergadering oor dié onderwerp by Agri SA se kantore in Centurion aangewys. Mnr. André Botha, voorsitter van Agri Gauteng en die organisasie se komitee vir Wet en Orde, is ook hier as voorsitter verkies. Die Kongo het Agri SA in Januarie 2009 gekontak om boere daarheen te nooi.

Dr. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri SA, sê dié komitee sal ‘n federale lid van die organisasie wees en derhalwe sal lede aan die grondwet en dissiplinêre regulasies moet voldoen. “Ons moet in ag neem dat klimaatsverandering ook in dié land plaasvind, en ons moet met die plaaslike gemeenskap saamwerk om hulle lewens te bevorder. Dit is nie ons land nie, ons is gaste, maar ons moet altyd welkom wees.”

Botha sê Agri SA en die komitee sal dan verdere onderhandelinge oor die ooreenkoms namens die lede hanteer. “Daar moet darem ‘n groot boetie wees wat kan kyk as daar pyne en probleme mag wees.”

Kontrak

Agri SA het verlede jaar reeds ‘n samewerkingsooreenkoms met die Departement van Landbou in die Kongo aangegaan, en tans gaan die organisasie ‘n kontrak vir individuele boere na, wat pas afgelewer is. Die kontrak word oorvertaal uit Frans, waarna ‘n finale weergawe hopelik in Januarie 2011, tydens ‘n besoek van dié komitee aan die Kongo, goedgekeur sal word.

“Ons verwag dan om die eerste groep boere in Februarie na die Kongo te neem sodat hulle kan sien hoe dinge daar werk en moontlik grond identifiseer,” vertel Botha. Sowat 212 000 hektaar grond (13 plase) is onmiddellik beskikbaar, terwyl die land 10 miljoen ha beskikbaar wil stel. Die aanvanklike grond is staatsgrond waarop geen gemeenskappe bly nie en waar Suid-Afrikaanse boere voor die onrus in die land 13 jaar gelede, geboer het.

Enige vorm van boerdery kan beoefen word. Die Kongolese mark fokus egter op die produksie van casava – die land se stapelvoedsel – asook koffie, kakao, palmolie, graan, suiker, vleis, pluimvee en so aan. Melk is ook baie skaars in dié land.

Die proses

De Jager sê die proses sal soos volg verloop: ‘n Belangstellende boer sal grond moet identifiseer. ‘n Aansoek vir die grond moet dan aan die Regering gestuur word sodat hulle kan vasstel of dit wel beskikbaar is. Volgende moet die boer ‘n volledige sakeplan aan Agri SA oorhandig, wat dan saam met die Regering moet besluit of die ooreenkoms goedgekeur kan word.

“As dit goedgekeur word, teken die boer ‘n kontrak van drie termyne van 35 jaar elk. Die onus rus op die boer om die kontrak vir die tweede en derde termyne te hernu,” verduidelik De Jager.

Hy sê die risikos ten opsigte van onder andere onrus, onteiening en infrastruktuur-tekorte is alles in die ooreenkomste en kontrakte oorweeg, en lede van Kongo Agri sal die nodig beskerming geniet.

Uitdagings

Van die grootste uitdagings wat boere in dié land mag ondervind, is ‘n gebrekkige infrastruktuur. De Jager sê alles sal nie so geredelik beskikbaar wees soos in Suid-Afrika nie, maar groot kanse vir ontwikkeling bestaan.

Banke en verskeie sakeondernemings het al aangedui dat hulle in beleggings belangstel, wat die uitbreiding van infrastuktuur sal help. Oor veiligheid sê Botha: “Ek het al wyd deur Afrika gereis, en as daar een land is waarheen ek my vrou sal neem, is dit die Kongo.”


9 Desember 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.82
+0.1%
Rand - Pond
23.62
+0.2%
Rand - Euro
20.26
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.64
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Platinum
1,011.63
-0.9%
Palladium
1,356.96
-0.3%
Goud
1,961.36
-0.2%
Silwer
24.36
+0.4%
Brent-ruolie
75.96
-1.3%
Top-40
71,878
+0.3%
Alle aandele
77,177
+0.2%
Hulpbronne 10
69,166
-0.0%
Industriële 25
103,659
+0.2%
Finansiële 15
15,636
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Life is exciting when you meet the right person
I am a down to earth person outgoing people's person love braai outdoors and also like to be at home watching movies and listening to music ek geniet my werk is n hard...
Wat de heng moet ek hier skryf? Ek hou van diere en lekker kos...
Ek is 'n interresante persoon wat nie in 'n boksie geplaas kan word nie. Ek hou van diere en die natuur, lekker kos, karre, aanjaag soos in die modder gaan rondjaag,...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot